Adverteer op Maroela en word deel van die Afrikaanse Advertensienetwerk

Jy kan nou jóú onderneming op Maroela Media adverteer!

Vir so min as R1 000 per maand kan jy jou onderneming op Maroela Media adverteer – of dit nou ʼn padstal in die Karoo, ʼn naelsalon in Vereeniging, tuindienste in Phalaborwa of ʼn tweedehandseboekwinkel in Standerton se hoofstraat is. Ons sorg boonop dat jou advertensies net gewys word in die streek waar jy sake doen.

 

Opsie 1:
Jan Rap
R12 000 p.j.*
28 000 baniervertonings p.m.
Teiken jou kontrei
Spaar 76%
 
Opsie 2:
Van der Merwe
R19 000 p.j.*
42 000 baniervertonings p.m.
Teiken jou kontrei
1 Promosie-artikel
Spaar 76%
Opsie 3:
Blink Stefaans
R24 000 p.j.*
60 000 baniervertonings p.m.
Teiken jou kontrei
2 Promosie-artikels
Spaar 79%

* BTW uitgesluit

Maroela Media en AfriVriendelik het saamgespan om aan ondernemings wat ʼn beperkte bemarkingsbegroting het, ʼn unieke geleentheid te gee om hul dienste en produkte te bemark. Vir ʼn eenmalige bedrag per jaar kan kleiner ondernemings, binne ʼn spesifieke geografiese area, advertensies op Maroela Media se webwerf publiseer en seker maak jy bereik die regte mense in jou stad, dorp of streek.

Maroela Media word landswyd deur gemiddeld 1,4 miljoen lesers per maand gelees, en ʼn kaart van ons lesers se geografiese verspreiding wys dat hulle van noord na suid en van oos na wes oor die land verspreid is. Ons navorsing wys dié lesers is Afrikaans; hulle het koopkrag; hulle het ʼn goeie besteebare inkomste en – die beste van alles – hulle bly daar naby jou.

Daar is drie sakpas-pakkette waaruit jy kan kies. Buiten advertensies sluit dit ook mediaverklarings in, wat jou die geleentheid gee om jou onderneming se suksesse aan lesers bekend te stel. Die drie pakkette is só saamgestel dat jou onderneming gewis een van die drie sal kan bekostig. Ons help jou boonop deur die onbekende wêreld van die opstel en ontwerp van ʼn digitale advertensie om seker te maak jou teikenmark kry die boodskap met die eerste oogopslag.

Stel jy belang? Vul net die vorm hier onder in en Maroela Media sal jou kontak en alles verduidelik.

Afrikaans-vriendelike ondernemings word ook weer aangemoedig om gratis hulle dienste op Afrikaans Vriendelik se webwerf te adverteer.

Moenie wag nie! Gesels nou met ons, en beïndruk almal in die dorp, van die kerkraadsvoorsitter tot die skoolhoof se vrou, met jou vindingryke bemarking.

Doen navraag

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.