Afrikaans 90: Ek leef in Afrikaans

afrikaans-90Hierdie artikel is deel van ‘n reeks artikels wat op Maroela Media gepubliseer word om die 90ste bestaansjaar van Afrikaans as amptelike taal te vier in die Afrikaans 90-veldtog. Die artikels is oorspronklik gepubliseer in die boek Hoekom Afrikaans? en word met vergunning van die FAK op Maroela Media gepubliseer.
Hierdie stuk is geskryf deur Retief Burger (sanger en leraar)

Iets gebeur in my binneste as ek langs ’n bosveldvuurtjie met ’n lekker koppie boeretroos jagstories sit en uitruil. En dis nog soveel beter as daardie stories in Afrikaans vertel word.

As boorling van Namibië het ek met ’n liefde vir die veld grootgeword. En so eie soos die bos en sy klanke en reuke aan my is, so eie is my taal aan my. Dis mos net anders as jy in jou eie taal kan lees, kan leer, kan sing, kan bid, kan “leef”!

Ek glo hierdie is waar vir alle tale, nie net Afrikaans nie, en daarom is ek trots op my taal, net soos ek trots is op my land waarbinne hierdie taal gebore is. Ek kyk nie neer op ander tale nie en sal altyd ruimte skep om nuwes ook aan te leer, maar ek het ek my taal lief? Verseker! sal ek dit bly praat, sing en aanleer? Altyd!!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.