Afrikaans is skerp! Elkeen sterf volgens sy beroep…

Afrikaans bly darem maar skerp!
Fanus Rautenbach sê: ons moet almal eendag sterwe, maar elkeen sterf volgens sy beroep:

Reisigers gaan heen.
Jagters gaan bokveld toe.
Parlementslede op die groen kussings gaan sag heen.
Die melkman en die posman kom om.
Kokke steek lepel in die dak.
Die horlosiemaker se tyd het aangebreek.
Die valskermspringer ontval ons.
Die tuinier is van die gras af gemaak.
Die melkboer het die emmer geskop.
Die dominee het die tydelike met die ewige verwissel.
Die ouderling is ontslape.
Die koerantman is direk hemel toe.
Die skeidsregter het sy laaste asem uitgeblaas.
Die dokter se hart het gaan staan.
Die elektrisiën se liggie is gedoof.
Die koster het die doodsklok hoor lui.
Die kleremaker se draad is geknip.
Die Springbokrugby-afrigter kom tot rus.
Die Bibliotekaris se laaste hoofstuk het aangebreek…

*’n Leser het hierdie stuk aan Maroela Media gestuur vir publikasie. Ons is nie seker waar dit oorspronklik gepubliseer is nie. -Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Piet Snot ·

Dit was oorspronklik in Fanus se outobiografie, as ek reg onthou.
Die naam vd biografie ontgaan my nou egter.

Johann Marx ·

Ek is amper seker dit is ook opgeneem in Fanus se boek “Lekker is net ‘n Lag lank”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.