Afrikaans op internasionale verhoog met Amsterdam-fees

Antjie Krog en Tom Lanoye. Foto: Facebook via A.K.A Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam

Antjie Krog en Tom Lanoye is twee skrywers wat by die fees te sien gaan wees. Foto: Facebook via A.K.A Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam

Die Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam (A.K.A) vind van 8 tot 10 April plaas in Amsterdam en spog met drie dae vol musiek, literatuur, debat en kuns met Suid-Afrikaanse bekendes soos Jack Parow, Leslie Javan, Francois van Coke en Emo Adams.

Feesoptredes sal versprei wees tussen die Compagnietheater, Melkweg, Zuid-Afrika Huis en Rialto. Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam se doel is om Afrikaans by Nederlanders en Vlaminge bekend te stel.

“Die verwantskap tussen Afrikaans en Nederlands bied ’n pragtige ruimte aan mense om op taalgebied met mekaar kontak te maak en lekker te gesels oor die ooreenkomste én verskille tussen die tale,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê.

“’n Ander doel van die fees is om bekende en onbekende Afrikaanse kunstenaars ’n verhoog in die buiteland te bied waar hulle in Afrikaans kan optree. Die program van die fees weerspieël verder die diversiteit van gemeenskappe wat Afrikaans as eerste, maar ook as tweede of derde taal praat.”

Die fees word gekenmerk deur sy diversiteit, veral wat musiek betref. Verskeie genres soos hip-hop, blues, jazz en klassieke musiek is van die gunstelinge by die fees.

Hoewel musiek ʼn hoogtepunt is, bied die fees ook literatuur en debatte vir taalliefhebbers. Skrywers soos onder andere Antjie Krog, Ingrid Winterbach en Bettina Wyngaard gaan te sien wees. Daarbenewens is daar verskillende lesings asook geleentheid vir gesprek en debat. Die fees trek jaarliks baie internasionale gaste en stel diverse sprekers en kultuurleiers uit Suid-Afrika en Namibië bekend.

Musiek

  • Jack Parow
  • Leslie Javan
  • Tribal Echo
  • De likt
  • Theatergroep Flint
  • Francois van Coke
  • Hemelbesem
  • Yoma
  • Emo Adams
  • Laurinda Hofmeyr
  • Kaap-Maleise Koor
  • Danella Smith Band
  • De Kraaien
  • Majozi
  • Die Heuwels Fantasties
  • Afrikaansvatter

Flieks

  • Sink
  • Abraham
  • Ballade vir ’n enkeling
  • Dis ek, Anna
  • Faan se trein
  • ʼn Man soos my pa

Gesprek en debat

  • Vroue en geweld
  • Meertaligheidsdebat
  • Afrikaans in die spervuur
  • Nederlandse vertalings van Afrikaanse boeke in Nederland

Skrywers

  • Antjie Krog
  • Tom Lanoye
  • André P Brink – ʼn herdenking
  • Bettina Wyngaard
  • Ena Jansen
  • Ingrid Winterbach
  • Marita van der Vyver
  • Jack Parow
  • Tertius Kapp
  • Emma Huismans
  • Anne Loes Timme
  • Charles den Tex
  • Christine Otten
  • Richard de Nooy
  • Arielle Kornmehl
  • Bart Luirink
  • Bandile Magibili

Lesings

  • Daniël Horst (Rijksmuseum: Kaap die Goeie Hoop 2017)
  • Danie Langner (FAK: Afrikaans, die oudste woestyn en die jongste taal)
  • Deon Maas: Musiek as activistisch hulpmiddel
  • Bart de Graaff: Nama-verhale

Teater
Trippie (Nicola Hanekom)

Kyk hier ’n video waarin die sanger Francois van Coke, wat ook by die fees te sien gaan wees, gesels oor sy ervaring van Amsterdam en die stand van Afrikaans. Besoek Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam se Facebook-blad. Besoek ook hulle webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.