Afrikaans skitter!

SIMPOSIUM IN GAUTENG

Op Saterdag 26 Mei 2012 bied die ATKV in samewerking met die Afrikaans Fasiliteerders in Gauteng se Onderwysdistrikte ’n simposium aan vir Afrikaans Taalonderwysers: Huistaal, Eerste Addisionele Taal en Tweede Addisionele Taal. Spesifiek gerig op Hoërskole: Graad 8 – 12, Algemene & Verdere Onderwys en Opleiding – AOO & VOO

Die simposium vind plaas by Rand Meisies Hoër vanaf 08:30 tot 15:00 met gasspreker dr. Christo van der Rheede.

Die doel van die simposium is om die Afrikaanse onderwyser ten opsigte van die onderrig van alle aspekte van Afrikaans in die klaskamer in ooreenstemming met KABV (CAPS), te bemagtig. Kom luister wat die volgende aanbieders te sê het oor die gebruik van die volgende aspekte in die Afrikaans klaskamer:

• Leon van Nierop – Filmstudie
• Dr. Maritha Snyman – visuele geletterdheid in die taalvraestel
• Dr. Rika Boucher – hoe om ʼn vraestel op te stel
• Donney Lawrence – rekenaargebruik in die Taalklas

Asook ander aanbiedings oor:
• Leesvaardighede
• Skryfvaardighede
• Ontleding en bespreking van prosa en poësie
• Geïntegreerde taalonderrig (volgens KABV/CAPS)

ʼn Paar uitgewers sal ook boeke uitstal en u die geleentheid gee om onmiddellik van die nuutste en interessante boeke te koop.

Sluitingsdatum vir inskrywings is 11 Mei 2012, koste beloop R50.00 per persoon en belangstellendes kan met Naomi von Branden skakel by 083 394 6654 of e-pos stuur aan [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.