Afrikaanse Taalraad kies nuwe voorsitter

Prof. Anne-Marie Beukes, nuwe voorsitter van die Afrikaanse Taalraad. Foto: ATR

Prof. Anne-Marie Beukes, nuwe voorsitter van die Afrikaanse Taalraad. Foto: ATR

Prof. Anne-Marie Beukes is by die afgelope jaarvergadering van die Afrikaanse Taalraad verkies tot nuwe voorsitter.

“Sy volg vir dr. Michael le Cordeur op wie se termyn as voositter vanjaar verstryk het,” het prof. Jacques van der Elst, uitvoerende hoof van die ATR, in ‘n verklaring gesê. “Dr. Le Cordeur bly aan as lid van die direksie. Die nuwe ondervoorsitter is drs. Hendrik Theys, dosent in Afrikaans aan die Kaapse Universiteit van Tegnologie. Alana Bailey, adjunkhoof van Afriforum, is herkies as direksielid.”

Beukes is die afgelope drie jaar aan die Taalraad verbonde. Sy is tans hoof van die Departement Linguistiek aan die Universiteit van Johannesburg en ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut. Sy was voorheen hoof van die taalbeplanningsafdeling van die Departement Kuns en Kultuur en was oor die afgelope tien jaar nou betrokke by opstel en bestuur van ‘n groot aantal taalbeleidsinisiatiewe. Sy is benewens talle ander projekte intensief betrokke by ‘n navorsingsprojek onder die opskrif: “Identiteit en die Swart Afrikaners van Onverwacht”.

Verdere sittende lede van die Raad is Amanda de Stadler (Stellenbosch), Magdie de Kock, (Heidelberg, Gauteng), Waldy Kastoor (Atlantis), prof. Piérre Theron (George), Paul Colditz (Bloemfontein) en dr. Karel Prinsloo (Pretoria). Dr. Danny Titus (ATKV) en Danie van Wyk (Kuilsrivier) is aangewys as gekoöpteerde lede. Prof. Jacques van der Elst is die Uitvoerende hoof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.