Afrikaanse Taalraad se 2016-Kokerwenners

Sinki Mlambo (Taalraad direksielid), Daniëlla van Heerden (wenner van Erepenning), dr Conrad Steenkamp (Taalraad hoof) en prof. Anne-Marie Beukes (Taalraad voorsitter)

Sinki Mlambo (Taalraaddireksielid), Daniëlla van Heerden (wenner van Erepenning), dr Conrad Steenkamp (Taalraadhoof) en prof. Anne-Marie Beukes (Taalraadvoorsitter)

Die Afrikaanse Taalraad wens die wenners van die Kokertoekennings, wat die afgelope naweek in Pretoria oorhandig is, van harte geluk met dié prestasie. Daar was vanjaar ʼn groot aantal nominasies onder wie sulke sterk kandidate dat die keurkomitee behoorlik moes bontstaan met die beoordeling.

Die wenners in die verskillende Kokerkategorieë is soos volg:

  • “Bemagtig”: Priester John Nicholson en sy gade vir hulle eiehandige oprigting van ʼn biblioteek,

geletterdheidswerk en voedingskema vir kinders in Lavenderhill.

  • “Bevorder”: Magdaleen Kruger vir haar program Die Tale wat ons Praat.
  • “Beskerm”: Kaptein John McNab van die Rehoboth Bastergemeente vir sy internasionale en

plaaslike bydrae om Afrikaans as moedertaal te beskerm.

  • “Spesiale Koker”: Prof. Jacques van der Elst vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaans en sy
: Prof. Jacques v.d. Elst (wenner van Spesiale Koker) en dr. Conrad Steenkamp (Taalraad hoof)

Prof. Jacques van der Elst (wenner van Spesiale Koker) en dr. Conrad Steenkamp (Taalraadhoof)

onbaatsugtige rol in die stigting van die Taalraad.

Erepennings, gemik op jonger mense, is toegeken aan:

  • Refentse Morake vir sy baanbrekerswerk in Afrikaanse sang en bydrae tot versoening en die herposisionering van Afrikaans.
  • Gershwin Cupido vir sy sterk gemeenskapsbetrokkenheid, onder meer geletterdheidsbevordering

en sportontwikkeling in die Hessekwa-streek.

  • Daniëlla van Heerden vir haar bydrae tot Afrikaans as nuusleser en verslaggewer by eNuus op

kykNET, asook as redakteur van Die Wapad, studentekoerant van die NWU se Potchefstroomkampus.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.