Antjie Krog ontvang Nederlandse literatuurprys

Antjie Krog Foto: NB Uitgewers

Die Suid-Afrikaanse digter Antjie Krog is aangewys as vanjaar se wenner van die gesogte Nederlandse Gouden Ganzenveer-skrywersprys.

Dié aankondiging is Saterdag op die Nederlandse radioprogram De Taalstaat op NPO Radio 1 deur Gerdi Verbeet, voorsitter van die Stigting De Gouden Ganzenveer, gemaak.

Verbeet is ook oudvoorsitter van die Nederlandse parlement.

Krog word vereer vir haar bydrae tot die geskrewe en gedrukte Nederlandse taal deur haar Afrikaanse gedigte.

“Ek is verbyster, ontroer en opgewonde oor die erkenning wat ek uit Nederland kry,” het Krog in ʼn telefoniese onderhoud met NPO Radio 1 gesê. “Die Nederlandse taal het baie vir my as Afrikaanse digter beteken. Die Nederlandse taal het my verryk.”

Krog het ook gesê die prys kom op ʼn interessante tyd, aangesien die Afrikaanse taal “met rede bedreig voel”.

Toekenners van Nederlandse literatuurpryse het die gewoonte om Afrikaanse literatuur as deel van die breër Nederlandse literatuur te beskou. Tussen 1972 en 1995 het die Afrikaanse digters Breyten Breytenbach en Elisabeth Eybers elk met drie belangrike pryse vir die Nederlandse literatuur weggestap.

Die Gouden Ganzenveer-prys, wat bestaan uit ʼn egte goue gansveer, word in April vanjaar deur die Stigting De Gouden Ganzenveer aan Krog oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

22 Kommentare

Christian Smit ·

Afrikaans moes al lankal al geherklassifiseer word as ‘n Nederlandse dialek. 90-95% Van al Afrikaanse woordeskat kom uit Nederlands. Dit spreek boekdele. Die feit dat enige Nederlander wat ek hier skryf kan lees en verstaan sonder om Afrikaans te leer spreek boekdele. Afrikaans word tans op universiteit uitgedruk maar as ons Afrikaans-Nederlands as taal aanvaar kan dit baie meer mense lok om in die taal te studeer want dit gee toegang tot Nederland en Belgie. Twee van die top twintigste rykste lande ter wereld. Afrikaaners kan dan ook meer Nederlandse boeke, tydksrifte, tv kanale uit Nederland ontvang as ons, ons taal herklassifiseer. Saam is ons sterker maar ek sien geen mense wat daaraan werk nie! Hoekom begin Afrikaans kinders nie sommer op skool al Nederlandse gedigte en boeke ook lees nie? Dit is regtig nie so moeilik nie.

Kit ·

Daar draai totius, langenhoven en die hele geboedel nou in hul grafte om! Wanneer laas het jy die Nederlanders hoor praat? Engels het sy houvas stewig op hul volksmond gekry.
Vreemd dat jy Afrikaans wil bevorder deur net mooi weer terug te keer Nederlands toe🤔

J ·

Dink jy dalk Engels moet ook hulle self as ‘n Duitse dialek voorstel? Daar is ‘n groot verskil tussen Afrikaans en Nederlands.

JC ·

Ek stem volkome saam Christian, jy slaan die spyker op sy kop!
Totius en Langenvoven moet maar dan in hul grafte om draai. Dit gaan nou om oorlewing vir ons taal en om toenadering te soek tot Nederlands-Afrikaans is een van die beste wyses denkbaar om die aanslag daarteen af te weer!!

Dink Self ·

Iets word warm in my bors as ek so artikel oor Antjie op hierdie platform lees, asook my volksgenote se kommentaar daarop. Vra jouself, wat is aan die gang as hierdie platform, en jou eie volksgenote, opgewonde raak oor een van die eerste blanke lede van die ANC? Die party wat op jou en jou kinders se kele trap! Word wakker! Ons vrot van binne!

Eish ·

Country of my skull
Begging to be black etc
Eish!
Antjie se geskrifte het maar n oodrewe belading skuldgevoel wat die temas bloots ry en jou laat verlang na n Katolieke biegkamer.

ai ·

Ag kyk nou weer die negatiewe kommentaar. BAIE geluk Antjie – dit wil gedoen wees. Groot bewonderaar van jou werk.

Dink Self ·

Jy is reg. Mens mag ‘n millitêre leier op sy krygsvernuf komplimenteer al is hy ‘n volksmoordenaar.

Christian Smit ·

Ek weet nie wat is julle probleem met Nederlands nie? Ek bedoel Afrikaans bestaan uit 90-95% Nederlandse woordeskat. Van ‘n taalkundige oogpunt is Afrikaans letterlik niks meer as ‘n Nederlandse dialek nie. Die van julle wat nou meer as een taal kan praat soos byvoorbeeld Duits of Frans sal weet dat daar ‘n standaardtaal is en dan baie dialekte wat mense in hulle streek praat. Baie van hierdie Duitse, Franse, Nederlandse en Vlaamse dialekte is nog verder van hulle standaardtaal verwyder as Afrikaans is vanaf Nederlands. Afrikaans is maar net die Nederlandse weergawe in Afrika. Dit is hoekom dit vroer ook Afrika-Hollands genoem was, wat toe afgekort is na Afrikaans. Niks meer nie! Gaan kyk maar na Brasiliaans Portugees. Dit is ook heel anders as Europees Portugees. Maar tog word dit geklassifiseer as Portugees want saam is die tale sterker. So gaan kerm julle maar net soos julle wil! Taalkundig gesien praat julle ‘n Nederlandse dialek of julle dit nou wil hoor of nie. Tweedens kla julle ook net oor Afrikaans wat besig is om veld te verloor teenoor Engels maar saam met die Nederlanders wil julle nie werk om die taal sterker te maak nie. Sal eerder kla en kerm oor alles. Snaaks genoeg Nederlands was nog die voer en kerktaal van die Afrikaners tot 1935 en nou sit K en J hier en kla oor onse voorvader tale. Wragtig, het julle regtig niks goed om te doen in julle lewe nie???!

Markus ·

Christiaan: Ek stem 100% saam met jou. Teen die tempo waarteen die taal onderdrukking tans voortwoed, bestaan daar ‘n groot kans dat ons Afrikaans binne kort gaan waarwel roep. Dit sal nooit die geval wees as ons dit terug neem Nederland toe nie. Ja ons praat nie meer Nederlands nie en die ou taal bulle van weleer mag dalk wel in hul grafte omdraai wat ons voorstel, maar ons leef in ‘n ander era met sy eie unieke uitdagings. Hierdie uitdagings verg unieke oplossings en vernuwende denke.
O, so terloops: Ek hou ook nie van die politiek van beide Breytenbach of Krog nie, maar dit beteken nie dat hul letterkunde dus swak moet wees nie. Dit gaan nie noodwendig oor wat hulle sê of skryf nie, maar hoe hulle dit sê of beskryf.

Christian Smit ·

Askies julle, ek het vroer geskryf wou eintlik vroeër skryf maar kon die deeltekens nie vind nie. ;)

Vannessa ·

Die kritiek hier gaan nie oor Nederlands en Afrikaans nie … dit gaan oor die feit dat antjie krog ‘n self-erkende anti-Afrikaner en anti-Afrikaanse sentimente huldig en internasionaal versprei.
Kan steeds nie hierdie platvorm se beheptheid met hierdie persone, wat ook mense met dieselfde neigings soos laurika rauch en bouwer bosch insluit.

Therese van Schalkwyk ·

Antjie Krog sê dat die Afrikaanse taal “met rede bedreig voel”.

Vreemd dan dat haar stem nêrens gehoor word waar Afrikaans se saak gestel word nie.
Afrikaans word op vele fronte bedreig deur die ‘geliefde’ ANC en sy kon ‘n waardevolle bydrae lewer om die taal vir komende geslagte te bewaar en uit te bou.

Veels geluk met die prys, maar geëerde Afrikaanse digters gaan in die toekoms dun gesaai wees wanneer Engels die algemene taal in skole is. Daaraan word egter nie gedink wanneer “taalbulle” op hul eie is nie.

Eish ·

Ai, hoe lekker kry my Afrikanerhart wanneer so kwistig omgegaan word met die waarheid!

Elizabeth ·

Baie geluk, Antjie! Vir die kleinsieliges met hulle benoude “behoudende” kritiek kan mens maar net sê: Van julle verwag mens niks meer nie. Mompel gerus verder in julle bedompige klein ruimte me-myself-and-I; me-myself-and-I … Die skanse wat julle om julleself gebou het, laat julle gestamel gelukkig ook nie deur na die groter wêreld daar buite waar ander leef nie.

Eish ·

Daar is niks fout met Antjie se meesterlike en talentvolle gebruiksvermoë van die Afrikaanse taal nie.
Die probleem vir ons ” Behoudenes” is vir my dat sy hierdie talent aanwend, om n verwronge werklikheid daar te stel wat as die enigste waarheid voorgehou word.
In die boek ” Begging to be black” ( Kon dit slegs in Engels kry)
is die bibleografie omvangryk, maar nie omvattend nie. Daar word onder andere kwistig aangehaal uit die biografie van Eugene Cassalis, die Franse sendeling van die Paris Evangelical Mission wat n groot vertroueling van Mosheshwe geword het.
Dr. Leopold Scholtz, geskiedskrywer van formaat, het in n onlangse artikel die belangrikheid van n genuanseerde oordeel uitgewys, wanneer met die geskiedenis veral, omgegaan word.
Die boek waarna ek verwys het n totale gebrek daaraan en sy trap in die slaggat om emosie die hele tema te laat kaap en n oordeel uit te forseer wat nie teëspraak duld nie.
Sodra jy jou talent aan die geskiedenis en politiek waag, moet jy waak teen emosie.
So is haar werk dus vir my tegnies meesterlik, maar uiters verdelend as gevolg van ongenuanseerde oordeel wat al haar skryfwerk suurdeeg en n mens laat met n meesterlike moddergooiery en n behoefte om n katolieke biegkamer te besoek.

Therese ·

Elizabeth,
Juis nié “me-myself-and-I” nie, maar met komende geslagte in gedagte wat nie die voorreg gaan hê om soos Antjie Krog in moedertaal te leer en te dig nie.

Verstommende venyn … ?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.