ATKV bied jou veel meer as taalplesier

Laerskool Durbanville (Kaapstad) met koorleier Anne-Marie Dippenaar in aksie tydens die ATKV-Applousfinaal 2016. Foto: Annemarie Wichmann/ATKV.

Laerskool Durbanville (Kaapstad) met koorleier Anne-Marie Dippenaar in aksie tydens die ATKV-Applousfinaal 2016.
Foto: Annemarie Wichmann/ATKV.

[Promosie-artikel]

As jy gedink het die ATKV is ʼn outydse taalorganisasie wat net oor die korrekte gebruik van Afrikaans teem, dink weer!

Die ATKV is die grootste Afrikaanse kultuurvereniging wat op ’n dinamiese en eietydse manier deur ʼn wye verskeidenheid projekte brûe bou tussen Suid-Afrikaners van alle rasse. Die organisasie het vanjaar sy 86ste bestaansjaar gevier en spog met 300 takke in Suid-Afrika en Namibië, waaraan altesaam 200 000 gesinslede behoort. Dis reg, want by die ATKV gaan dit vir ons oor die belange van oud en jonk, met Afrikaans as die belangrikste gemene deler. Die ATKV ondersteun Afrikaans in sy volle omvang onder alle Afrikaanssprekendes, maar ons beywer ons ook vir moedertaalonderrig vir alle taalgroepe en vir ’n meertalige Suid-Afrika. Ons bevorder Gebruiksafrikaans onder nie-Afrikaanssprekendes, onder meer deur ons jaarlikse koorkompetisie waaraan 15 000 koorlede van alle taalgroepe deelneem.

Ons kultuurprojekte bereik jaarliks meer as 500 000 mense landwyd, en een van ons projekte, die Rieldanskompetisie, het al internasionaal opslae gemaak toe ʼn rieldansgroep tydens ’n internasionale kunswedstryd as gouemedaljewenners aangewys is. Twee van ons projekte (Tienertoneel- en Redenaarskompetisie) is albei al vir langer as 50 jaar aan die gang en landwyd bekend.

Sluit jou vandag nog as lid van die ATKV aan en ontvang ons veelbekroonde tydskrif, Taalgenoot, gratis as deel van jou lidmaatskapvoordele. Die Taalgenoot is byna net so oud soos die organisasie en het uitmuntend daarin geslaag om met moderne tydskrifneigings tred te hou.

LAPA Uitgewers, die organisasie se eie uitgewery, is die grootste kinderboekuitgewer van oorspronklike Afrikaanse boeke in die land, en LAPA-boeke uit alle genres boer op Afrikaanse topverkoperlyste. By die ATKV is lees baie belangrik, en ons bevorder dit op verskeie maniere in gemeenskappe, by skole en op feeste. Die Vriende van Afrikaans versprei jaarliks 50 boektrommels aan behoeftige skole as nog ’n manier om lees te bevorder.

Die ATKV doen moeite om uitnemendheid in Afrikaans te bekroon en doen dit jaarliks deur ’n verskeidenheid toekenningsgeleenthede, onder meer aan Afrikaanse joernaliste en skrywers.

Maar by die ATKV gaan alles darem nie net oor werk en projekte nie. Ons verseker ook dat jy dit kan bekostig om te gaan uitspan by ons sewe baie bekostigbare vakansieoorde. Boonop spog al ons oorde met talle bedryftoekennings, wat ʼn genotvolle vakansie waarborg.

Die ATKV verseker ook dat jy met gemoedsrus kan aftree by een van ons twee Negester-leefstylbehuisingsontwikkelings.

Waarvoor wag jy? Sluit jou sommer vandag nog aan by die ATKV. SMS die woord “ATKV” na 44733*. Lidmaatskapgeld is slegs R76,50 per maand.

*Standaard-tariewe geld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.