‘ATKV is jou Afrikaanse kultuurtuiste’

Deidre le Hanie, die nuwe besturende direkteur van die ATKV. Foto: ATKV/Verskaf.

Lesers het Dinsdag skerp gereageer op Maroela Media se berig oor die ATKV se nuwe strategiese fokus en die nuwe rigting wat die organisasie wil inslaan. Lees Deidre le Hanie, die nuwe besturende direkteur van die ATKV, se kommentaar op lesers se navrae en kommentaar:

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se hoofbesigheid is, soos die naam sê, Afrikaanse taal en kultuur.

Die organisasie is vir die laaste 87 jaar ’n kultuurtuiste vir Afrikaans. Die ATKV is ook ’n inklusiewe organisasie en glo dat die diverse Afrikaanse gemeenskap in Suid-Afrika baie het om by te dra tot ’n Suid-Afrika wat op alle vlakke suksesvol is.

Met die Afrikaans Plus-inisiatief glo Deidre Le Hanie, nuwe besturende direkteur van die ATKV, dat die organisasie Afrikaans nog verder kan uitbou deur die bevordering daarvan in ‘n meertaligheidskonteks.

“Afrikaans Plus is ‘n omskrywing wat die aandag vestig op die wesenlike rol wat Afrikaans in ons land speel. Afrikaans se bydrae in ons land is gevestig en ons het nou meer geleenthede om dit verder uit te bou. Dit is daarom ook belangrik vir Afrikaanssprekendes om ander Suid-Afrikaanse landgenote se tale aan te leer. Ons kan net daarby baat om mekaar beter te verstaan.”

Die 11 amptelike tale in Suid-Afrika word deur die ATKV as een van ons belangrikste bates beskou. Die eerste doelwit van die ATKV ten opsigte van taal, is dat die status van al die inheemse tale behou en uitgebou moet word. Dit sluit Afrikaans pertinent in, maar sluit geen van die ander inheemse tale uit nie. Afrikaans is die derde grootste taal in Suid-Afrika. Trouens, daar is 602 000 swart Afrikaanse moedertaalsprekers.

Die inklusiewe aard van die ATKV se projekte bou reeds jare lank brûe. Dink maar aan ATKV-Applous. Altesaam 15 700 deelnemers betree jaarliks die verhoog tydens die koorkompetisie en sing nie net in Afrikaans en Engels nie, maar moet ook ’n koorwerk in ’n Afrikataal lewer.

Die ATKV-Talethon tydens die ATKV/UJ se meertaligheidsnaweek toets nie net leerders se spelvermoë in Afrikaans nie, maar ook in ander Afrikatale.

Die ATKV glo in vennootskappe en belê graag in dit waarvoor die ATKV staan. Groter begrip vir mekaar se eiegoed en kulture sal noodwendig lei tot ’n beter Suid-Afrika. Taal en kultuur word deur die ATKV beskou as van die belangrikste instrumente om Suid-Afrikaners mekaar beter te laat verstaan.

“Deur trots Afrikaans en trots Suid-Afrikaans te wees, reik die ATKV graag uit na almal wat hiervan deel wil wees,” sê Le Hanie. “Die ATKV se strategieë en suksesse is welbekend. Die inklusiewe aard daarvan, goeie begrip en die volhoubaarheid van taal- en kultuurprojekte is deurslaggewend en maak reeds 87 jaar lank ’n verskil en ons wil hê dat ons wonderlike werk nog lank in die toekoms sal eggo.”

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Afrikaans, Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

98 Kommentare

Pietman ·

Die Veeltalige Kultuur organissaie moet maar voortgaan om AL die tale in Suid-Afrika te bevorder met Afrikaanse/ Afrikaner fondse. Wat ‘n pragtige gebaar. Ek ondersteun slegs Afrikaanse/ Afrikaner organisasies. Weereens, verander asb die naam. Dis misleidend. Ek sal my vriende en familie inlig oor die veranderinge by die (A)TKV.

Ellisras ·

Die ATKV gaan presies doen wat altyd gedoen is. Net ‘n paar ekstra goed. Bitter min gaan verander. Ek sien nie die probleem nie.

Dirk Breytenbach ·

Stem saam wat ‘n klug! Hoe kon ons so lamsakkig geword het??

Gert ·

Sy is ingebring om nog een van ons trots Afrikaanse instansies te laat tuimel soos reeds gedoen met ons skole en universeteite. Daar kan niks goeds in haar wees vir ons volk en taal nie. Sy het verseker ‘n verskuilde agenda agter haar liberale beplaning.

andrea van vuren ·

Waar kom die ATKV aan hierdie vrou? Nog nooit in Afrikaner kringe van haar gehoor nie. Totsiens my dierbare taal!

WONDER ·

Presies Pietman. Ek sien nou eers ek het jou “comment” eintlik net ge-klankbord.

GES ·

Presies. Ek is baie dankbaar ek het nie in hulle strik getrap nie en hulle geglo.

WONDER ·

As julle dit wil doen, stig dan eerder ‘n ander organisasie.Ander tale kan vir hulself befonds, hoe dan nou. Afrikaans is mos nie belangrik nie,hoekom dan sy voetstuk wil gebruik. Alles word deur “andertaliges” net oorgeneem. Gee maar die pinkie en moenie huil as jy die hele hand verloor nie.Kan nie glo mense leer nie lesse uit wat om ons gebeur nie.

ekke ·

ek vermoed my debiet order gaan vinnig gestop word. Ek sal nie betaal om hierdie veel talige aksie te befonds nie, jammer…..

Riaan V ·

Baie maklik ekke , ek het aanlyn gegaan en binne twee minute gestop, ek weet my R1000 per jaar sal hulle nie seermaak nie, maar R1000-00X 100 000 lede wat bedank is R10 000 000. EINA :)

Riaan V ·

Baie maklik ekke, ek het my debietorder aanlyn gestop binne 2 minute, my R1000 per jaar gaan hulle nie pla nie , maar R1000 X100 000 lede wat bedank = R100 000 000 per jaar en dis EINA

Pieter Pienaar ·

Lyk my Deidre Le Hanie gee in die eerste plek nie om vir Afrikaans nie want sy moet leer om die taal te praat. Dit is duidelik dat sy nie gefokus op wat ATKV vir ons beteken en dit heel op ń duister pad te wil neem. Ons gee om vir ons taal en dit is wat ATKV nog altyd voor gestaan het nou wil hulle ons geld gebruik om ander tale te bevorder, ek gee nie om oor ander tale nie. As dit die geval is sal ek ń SPUR op ATKV trek my jaarlikse verlof erens anders gaan hou.

andrea van vuren ·

Ja, sy moes glo eers gaan “oplees” waaroor die ATKV gaan!

Basson ·

“Groter begrip vir mekaar se eiegoed’

Net jammer dis ‘n eenrigtingstraat.

(Jaaa, bietjie ‘spin’ in die artikel dalk? Bv Applous – weinig tot geen FAK stukke maar heelwat kultuurvreemde stukke? (Balans?) Word daar ook altyd streng by die reels gehou in die kompetisie of swymel beoordelaars voor sjarmante dirigente en ‘mis’ dan dat die kore nie volgens riglyne sing nie? )

Hans ·

Dit is duidelik dat die die Raad,die Uitvoerende Direkteur en die algemene bestuur van die ATKV nooiit kennis geneem het van die LUR van Onderwys (Gauteng) se vyandige houding en voortgesette pogings om Afrikaanse skole te vernietig. Dan praat mens nie eens van Afrilaans must fall veldtogte-baie duidelik al die aksies deur organisasie was ‘n futiele oefening.

Retha P ·

As die A vir alle ander tale staan verloor jy my. Ek is nie links nie ook nie regs nie. Los asseblief net my taal uit. Geldkrane word toegedraai.

SÊ Net ·

Die 1ste doelwit van d ATKV is om inheemse tale uit te bou? Weet De Hanie ooit waarvoor staan ATKV. Iemand is gerook.

andrea van vuren ·

Nee, sy weet beslis nie! Waar is ons bekende taalguru’s nou? Help asseblief!

Elize ·

Mmm nog 2 lidmaatskap lede sal gekanselleer word asook ons verlof sal op n ander plek gehou word. Mev D skrik wakker

RB ·

Jammer, maar daar gaan niks gebaat word om ander tale ook te bevorder nie. Skep bv ‘n ZTKV vir zulu as jul wil, maar om Afrikaanse lede se lidmaat geld aan ander tale te spandeer is ‘n groot Nee!

Will i am ·

Nee nee nee. Ons bevorder Afrikaans by ATKV. Nie ander tale nie. As ek nou wil bespreek gaan dit in Zoeloe moet gedoen word

CJ ·

Beste Deidre. Ek is seker jou motiewe is edel. Jammer egter dat ek nie jou idealisme kan deel nie. Ek bevraagteken jou en die ATKV se oordeel en opregtheid. Die berig se opskrif is “ATKV is jou Afrikaanse kultuurtuiste”. Met respek, ek dink nie jy is eerlik met hierdie stelling nie. Sou julle julself bemark met “ATKV is jou Suid-Afrikaanse kultuurtuiste”, sou dit meer opreg wees. Laat diegene wat glo dat “inklusiwiteit” nie uiteindelik sal lei tot oorheersing en uiteindelik ons uitsluiting nie, jou met liefde ondersteun. Wat ek om my sien gebeur, oortuig my egter dat julle besig is met ‘n futile poging. Die ATKV was vir baie jare ‘n kultuurtuiste vir Afrikaanses. Selfs toe het ek nie tuis gevoel nie, want ek is ‘n Afrikaner. My persepsie is dat nie net Afrikaans nie, maar die Afrikaner, tans bedreig word. Ek sal liewer my beperkte energie en hulpbronne gefokus aanwend ten bate van die Afrikaner. Die feit dat julle gewetes julle pla dat julle tot nou toe hoofsaaklik Afrikaanse skole bereik het, vervreem my onherroepelik van julle. Ek was nog nooit skaam en het nog nooit skuldig gevoel om te probeer beskerm en te koester dit wat vir my dierbaar is nie. Wees gegroet!

Dirk Breytenbach ·

Dit is eenvoudig: as jy ‘n lekker werk met goeie voordele en salaris vir 3 jaar wil he, dan verraai jy alles waarvoor jy staan ter wille van eie gewin. Tyd vir ‘n nuwe Afrikaanse Kultuurorganisasie.

Eish ·

U sê presies wat in die oorspronklike berig staan. Die kwessie gaan nie oor uitreik nie. Uitreikaksies is hoogstens n projek. Sommige kerke reik uit na Afrika lande, voltooi die projekte en keer terug. Dit gaan oor die wesensverandering waar die Afrikaanse kultuurskat wat aan jul toevertrou is, verwater word deur onbeheersde integrasie.

Chris Erasmus ·

Glad nie aanvaarbaar nie.Laat ander tale hul eie taal en kultuur verenigings stig met hul eie befondsing.Hoekom nou iets wat 87 jaar al bestaan nou kultuur vreemd wil maak.Na die hel met ander tale tenminste totdat Afrikaans regmatig behandel word by ALLE instansies.Intussen sal ek ATKV maar die Spur behandeling gee.Ek is so gatvol vir agteroor buig om hierdie liberale klomp fertilizer aan te hoor.

Daan Erasmus ·

Iewers het iemand die kat aan iets beet. Die ATKV was is is nog altyd DIE Afrikaanse kultuur organisasie. Geen taal organisasie kan as ‘n (kulturele) eiland van rykdom in ‘n see van (kulturele) armoede bestaan nie. Dit is nodig om uit te reik. Nêrens word gesê die kernbesigheid gaan verwaarloos word nie. Ag nee. Dink vir julle self.

Therese van Schalkwyk ·

Daan Erasmus

Jy bedoel die ATKV moet die voordeel van die twyfel gegee word, net soos die rektors by histories Afrikaanse universiteite waar Afrikaans nou algehele uitwissing in die gesig staar?

Dirk Breytenbach ·

Stem heelhartig saam. Ek kan nie glo dat geleerde en ervare mense so kan redeneer nie. Is dit vrees of misplaasde skuldgevoelens? Hoe bevorder jy jou eie taal deur ander tale te bevorder? ‘n Praktiese voorbeeld, kan jy Duits in die EU bevorder deur Frans, Vlaams, Italiaans en al die ander tale daar te bevorder? Hulle sal jou uitlag en moontlik opsluit in ‘n kerker. Ek sukkel om die kloutjie by die oor te kry. Tyd vir ‘n nuwe kultuurorganisasie!

Joubert ·

Die probleem is die “inklusiewe aard van die ATKV” Daar word gespog met die ATKV-Applous en ATKV-Talethon se “uitreik” na ander tale wat al jare lank aan die gebeur is. Dit was die eerste stappe in die verkeerde rigting! So word ons mense sag gemaak met klein treetjies om uiteindelik die uitpunt te bereik, naamlik om die Afrikaner te stroop van sy identiteit!

Hartseer om te sê, maar die storie gaan nou vir n paar dae in die nuus wees en dan gaan ons maar net weer teurg na ons gemak posisies, met die meeste mense wat maar nog hulle R81pm sal betaal, want dan kry ek afslag as ek vakansie wil hou!

andrea van vuren ·

Ai tog my liewe vriend. R81 per maand. Dink maar terug aan Judas se dertig sikkels silwer… ons kosbare taal is op pad om gekruisig te word.

Riaan V ·

Nee wat die R81-00 in elk geval nie die moeite werd nie ek het 8 jaar laas y ‘n ATKV oord gebly, standaarde val reeds lankal en self met afslag is hulle duur, kan elders beter waarde vir geld kry,ek het net 5 minute gebruik om te bedank en debietorder te stop, helfte van die tyd was om vir my lanie (sic) ‘n boodskappie te stuur

Amanda Borrett ·

Maak nie saak hoe dit “gesugarcoat” word nie. Dit is nog steeds net NOG ‘n manier om Afrikaans en die Afrikaanse kultuur te onderdruk. Vir die ou ATKV was Afrikaans en Afrikaanse kultuur hoofprioriteit. Met die nuwe bedeling staan dit 3de in die ry.

Mari ·

Hulle het my al verloor met my laaste Klein Kariba kamp toe die afkondigings in Engels gemaak is. Waarom besoek ek ‘n ATKV oord. AGV AFRIKAANS!! As jy ‘n Afrikaanse oord wil besoek, moet jy ten minste Afrikaans kan verstaan. LW Afrikaans – hierdie is nie ‘n swart/wit ding nie. Enige persoon wat Afrikaans praat of wil praat, moet welkom voel by ‘n ATKV oord.

Wederom ·

Ek ondersteun al vir 3 jare nie die ATKV as lid nie. My rede was destyds as ‘goue lid’ dat ek in elk geval nie dit met my sogenaamde afslag dit sou bekostig om na hulle peperduur oorde toe te gaan nie. (Net om met busse vol gillende dagbesoekers geamuseer te word, sou ek dit oorweeg). Nietemin, nou is ek bly ek het my lidmaatskap opgesê. Want ek het betaal vir luide ondersteuning van ander kulture en tale – gaan kyk na die sg ‘tweedetaal sprekers’ by die redenaarskompetisies. Hulle word opgehemel terwyl ons eie kinders nie rêrig aangemoedig word nie. Dieselfde geld vir tienertoneel, die Applous Koorkompetisies, noem maar op. Nooit sal jy sien dat ‘n landswye presterende Afrikaanse Laerskool of Hoërskoolkoor geborg word vir oorsese deelname nie. En die ouers sukkel net so baie soos die ‘ander kultuurdansers’ wat geborg word. Ek gaan nou my eie taal, kultuur en mense borg. Nie meer die res nie.

Therese van Schalkwyk ·

Sal die ATKV se werksaamhede in die toekoms met belangstelling dophou.

Dis duidelik die nuwe bestuur se doelstelling om die werksaamhede van die klaaglik mislukte PANSAT oor te neem. Lg. kon nie daarin slaag om die 11 tale met oorvloedige regeringshulp te ontwikkel nie; die ATKV gaan egter nou m.b.v. hoofsaaklik ‘Afrikaanse’ fondse die poging voortsit.

Hoewel prysenswaardig om na ander tale uit te reik, is dit na my mening nie die taak van die ATKV óf die Afrikaanse Taalraad nie. Nie terwyl Afrikaans op akademiese gebied die kreeftegang gaan en baie meer vyande as vriende het nie.

RB ·

Goed gesê.

Elke sent moet op bevordering van Afrikaans spandeer word. Wat van uitreik na Akademia en help met ontwikkeling van Afrikaanse studiemateriaal? As dit reeds gedoen word, doen meer. Ek sou ook voorstel dat by al die Universiteite meer gedoen word, maar dit is dalk meer produktief om iewers by te dra waar ander nie elk geval gaan afbreek nie.

Stefan ·

Ek vra weer me. Le Hanie, met hoeveel van die huidige 70 000 ATKV-lede is gekonsulteer oor hierdie nuwe visie wat die wese van die ATKV raak?

Is hierdie saak enigsins na takke verwys vir bespreking en terugvoer aan bestuur? Ek vra, want in my tak weet niemand iets hiervan af nie. Gemeet aan die ontevredenheid onder ons handjievol taklede, is die voortbestaan van hierdie tak moontlik in die gedrang omdat van die lede dit as die ‘laaste strooi’ beskou en nou oorweeg om hulle lidmaatskap van die ATKV op te sê.

ATKV-bestuur en me Le Hanie, dink asseblief dringend weer aan die implikasies van hierdie nuwe denkrigting. Moet asseblief nie aandadig wees aan die vernietiging van ‘n 87 jaar oue Afrikaanse kultuurorganisie ter wille van misplaasde altuïstiese oorwegings nie.

andrea van vuren ·

My vraag is: Wié is hierdie Le Hanie? Nog NOOIT van haar gehoor nie.

Matewis ·

Om die Afrikaanse taal te bevorder oor uiteenlopende gemeenskappe is prysenswaardig.

Maar daar bestaan nie so iets soos ‘n “Afrikaanse” kultuur nie. Daar is net ‘n AFRIKANER-kultuur en ‘n Koi-san-kultuur en ‘n Griekwa-kultuur. Ek dink nie daar is of was ooit iets soos ‘n “kleurling” of “bruin” kultuur nie . Dat daar gemeenskappe in Kaapland is wat hulself as “bruinmense” beskou en ‘n taamlike eie kultuur het, is waar, maar daar is helaas net soveel verdeeldheid en onmin onder hulle as wat onder Afrikaners is!

Die ATKV moet dus meer die “kultuur”-deel uit sy naam en sy doelwitte haal. En hom toespits op bevordeirng van die taal – in alle gemeenskappe en met ‘n eie besonderse klem in die verskillende gemeenskappe en groepe.

Maar hulle moet asb. ophou om integrasie tussen Afrikaner en ander Afrikaanssprekende groepe te probeer bewerkstellig – soos Naspes probeer doen. Dit sal vinniger en beter en pynloser wees om maar sommer vinnig te verswart!

En ek sal die ATKV bly verwerp en kwalik neem totdat hulle die erepenning wat so kort na die jaar 2000 aan Beyers Naude gegee is, herroep en die Afrikanervolk om verskoning vra dat hulle een van sy grootste haters en afbrekers so vereer het.

Vannessa ·

Dis hoe dit elke keer gebeur, eers word doe ander tale deur die Afrikaanse instansie geakkomodeer, dan in parallel gestel. Voor die betalende Afrikaanse lede dan hul oë uitvee moet Afrikaans heeltemal wegval om die ander groepe te gemoed te kom. Die ander groepe geniet dan gewoonlik al die voordele, sonder om ooit n bydrae te maak.

Lize ·

Hierdie herinner my aan die Beeld wat sy eie lesersbasis aangeval het en nooit van die gevolge daarvan herstel het nie.

Disselboom ·

Hierdie ATKV-debakel is maar net ‘n logiese uitvloeisel van die gedagte dat Afrikaans, ‘n taal, los van Afrikaner, ‘n volk, kan staan. ‘n Taal is net ‘n taal, en een van die kenmerke van ‘n volk, en nie ‘n selfstandige entiteit nie. Die gedagte om Afrikaans te dryf, om die verleentheid weg te steek dat die Afrikaner vir homself skaam geword het, eis nou sy logiese tol: ‘n kultuur is ook nie net rondom ‘n taal gebou nie: kultuur het volk nodig. Die Afrikaans-word weg van Afrikaner-organisasie te wees van die ATKV loop nou net ‘n doodlogiese pad van multikulturalisme.

Andries Pretorius ·

Moet tog asseblief nie die ATKV skaak om julle veeltaligheidsdoelwitte uit te leef nie. Stig dan liewers ‘n ander organisasie daarvoor!

Net ‘n vraag: Ek as lid kan nie onthou dat ek enigsins oor hierdie strategiese rigtingverandering ingelig of geraadpleeg is nie. Is die instemming van die take verkry?

Iewers hoor ek die doodsklok vir die ATKV lui!!

Wonder nie net nie ·

Ek kan nie verstaan dat ons DINK ons gaan iets bereik met hierdie “hand-me-down”-poging nie: Afrikaners loop weg begin ‘n nuwe organisasie (want ons het ‘n ander definisie van “skep” as om ons lepel in ‘n ander ou se pot te druk) en die ander kulture gaan voort met die tweedehandse Afrikanerbeweging. Laat my maar net wonder: Hoekom het NIEMAND nog daaraan gedink om n splinternuwe beweging te begin vir ENIGE van die ander amptelike tale nie? Hulle moet altyd die tweedehandse kry. ALMAL hou tog van nuwe goed?

Teleurgesteld ·

Hoe het hierdie engelse dame hierdie posisie bereik in n afrikaanse beweging?

Boela ·

As AfriForum en/of Solidariteit nou ‘n paar vakansie-oorde open, is die ATKV binnekort sy Afrikaner-inkomstestroom uit oordverblyf heeltemal kwyt. Ek sal definitief veel eerder my AfriForum-bydrae verhoog vir ‘n bykomende voordeel van ‘n Afrikaner-vakansie-oord as om by een van die “inklusiewe” ATKV-oorde uit te span.

Tiaan ·

Beste Boela. My mede volksgenoot… Solidariteit het reeds 3 vakansie orde. Maak gebruik daarvan!!

bgj van der westhuizen ·

waar om moet die afrikaner altyd vir almal goed doen maar hy is die gemors taal in hulle oen hmaar hy moet nou vir hulle taal veg koehom kan nie elke taal sy eie goed stig en vir dit betaal alles wat Afrikaans is verkeerd in hulle oe maar as ons geld is nie vekeed in hulle oe nie en die vakansie plekke kan jy ook nie plek kry nie wand daar is meer ander kleur en taal daar as Afrikaans veral in weskaap

Dirk Breytenbach ·

Presies, die ander bevolkingsgroepe kan betekenisvolle getalle trek indien iemand onder hulle ook eiesoortige organisasies stig. Kan hulle nie of wil hulle nie? As die ATKV ‘n projek van stapel sou laat loop om genote van ander taalgroepe te leer en kennis te deel hoe om hul tale self te bevorder sou ek dit kon ondersteun maar nie die lawwe manier hoe die ATKV nou te werk gaan nie. Ons maak dit maklik deur ons strukture vir hulle verniet weg te gee. Weereens hoe werk dit nou eintlik? Moet ons kultuur en taal uitgewis word? Hoekom help ons mede Afrikaners/Afrikaanses so ywerig om dit wat ons s’n is af te breek? Hoe gouer daardie vraag beantwoord word hoe vinniger kan ons rigting kry om ons regte onder die grondwet te vestig. Ons skep self verkeerde verwagtinge en persepsies by die vyande van Afrikaans en die Afrikaner. Vir die rekord, ons wag nie om oor te gee nie en sal ons uitleef as mede Suid Afrikaners. Die kaf moet nou van die koring geskei word!

Danie Brink ·

Die ATKV het nodig om 87 jaar se getroue Afrikaner-ondersteuning te eer met hulle doen en late. Die nuwe rigting wat hulle inslaan doen dit nie, inteendeel hulle gaan oneerlik om met die wense van hulle mense.

Jacqui Shawe ·

Dit verbaas my dat ons as Suid Afrikaners steeds so verdeeld kan wees oor tale, rasse ensv. Hoe sal ons ooit kan aanbeweeg as ons bly terug kyk oor ons skouer oor wat was.

Verandering kan positief wees en as dit gaan om ons jeug wat die toekoms van Suid Afrika is te bemagtig dan sien ek nie wat die probleem is nie.

Staan saam Suid Afrika ons is n nasie met vele rasse, kleure en tale – n reenboog nasie

Francois ·

Moenie naïef wees nie. ‘n Mens bou nie ‘n nasie deur jou eie prys te gee nie!

RB ·

Jacqui? Regtig?

Hierdie het niks met saamstaan tussen tale en rasse te doen nie. Wanneer die ander tale hul eie taalverenigings het kan daar ‘n jaarlikse gesamentlike funksie gehou word en almal kan deelneem en dit geniet.

Sovêr is afrikaners die enigste mense wat enigsins enige vorm van saamstaan met die ander prakties toepas.

Domvraag ·

Jacque Shaw dis jammer dat van ons met oogklappe rondloop en nie sien wat om ons aangaan nie. Eens afrikaanse universiteite en skole moet meertaallig word en dan moet afrikaans tot niet gaan. Afrikaans word nie plek gegun in jou reënboognasie nie. Selfs afrikaanse kerke word geteiken om n omarmde beleid te volg en almal mee saam te smelt en dan word alles in engels gedoen en mag afrikaans nie gepraat word want ander kan dit nie verstaan nie en voel ge-affronteerd deur afrikaans te praat?

Kobus ·

‘n Referendum sal onder die ATKV lede gehou moet word om uitsluitsel te kry of lede akkoord gaan met hierdie ingrypende afwyking van die ATKV se oorspronklike doelstellings.

Gideon ·

Le Hanie se antwoord is niksseggend en klink of dit deur ‘n beeldpoetsdeskundige uitgedink is. Sy poog om skadebeheer toe te pas. Dit klink onoortuigend en oneerlik, dit sinspeel op ‘n verhoogde morele standpunt wat deur ‘n beterwetende meerdere uitgedink is om die onopgevoede volgelinge aan te spreek.

Elke Janse van Rensburg ·

Hierdie hele aangeleentheid is eintlik maar net ‘n versuikerde politieke skuif.

Daan ·

Ag nee. Eet nie meer by Spur nie en daar gaan ons ATKV vakansies ook. Ek stop more my lidmaatskap.

Henning ·

Nog ‘n Wim de Villiers, vol wollerige retoriek. Die dood is in die pot!

Danette van Niekerk ·

My pa het vroeër die jaar oorweeg om sy lidmaatskap te kanselleer, omdat ons nie tyd kry om die voordele te benut nie. Ek het hom oortuig dat die geld vir ‘n goeie doel gaan, maar hierdie is beslis nie die doel wat ek in gedagte gehad het nie. Dalk is dit tyd om eerder die FAK te ondersteun. Ongelukkig broei hierdie reeds lankal, by die universiteite sêr raak van die universiteite gou ongelukkig as dit in Afrikaans aangebied word.

Pieter van Vuuren ·

Ons Afrikaners het net niks meer oor vir onsself nie, hoeveel duisende miljoene wil hulle nog ander Kulture instop, vat maar die A voor ATKV weg, DIE ATKV IS NIKS MEER WERD VIR ONS NIE, plaas hulle liewer die oorde onderhou ……… ONS IS SO SIEK HIERVAN !!!!

John ·

Klink na ń outokratiese besluit wat niks te make het met die atos van die atkv nie.Laat n ou dink aan die optrede van die nuwe ob steek haar neus in waar dit nie hoort nie.Moenie krap waar dit nie jeuk nie , hierdie ondeurdagte optrede is kulturele selfmoord vir die min Afrikaanse bastionne dit is soos om in jou eie swaard te val die vrou gaan op die ou einde al wees wat oorbly van die ATKV
Ek sê maar net! Daar sal ń geween en ń geknêrs van tande wees
Afrikaner groetnis my mede boere
John

Ian ·

TATTA , ATKV! Ons sal maar ons eie taal bevorder. Jul pogings om Afrikaanste vernietig sal faal.

David ·

Presies, gebruik die Afrikaner se geld om ander tale op te hef en ons eie te laat val. By die ATKV-oord Drakensville kon ek in die restaurant nie een mens vind wat Afrikaans kan praat nie. Ek het gevra, maar daar was niemand. Toe ek hulle vra wat “Koswerf” beteken (die naam van die restaurant) toe weet hulle nie. Maar dit is nog erger, toe ek hulle vra om dan nou maar in Engels te verduidelik wat die hoofdis van die aand alles behels, toe kon hulle dit ook nie doen nie.

humor ·

Die foto toon n hartseer gemoed. Deidre Hanie moenie huil nie daar is vir jou ook baie werk op n ander terein soos bv om die Engelse met die korrekte historiese verloop in SA te vergewis.

Ou Vrydenker Afrikaner Vlakvark ·

ATKV VISIE: “Vir die ATKV is die AFRIKAANSE taal, kultuur, kennis en kreatiwiteit onmisbaar deel van nasiebou, versoening en ‘n suksesvolle Suid-Afrika.”

Wat is die verskil tussen ‘n “Afrikaanse taal en Afrikaanse kultuur” teenoor ‘n “Afrikaner-taal en Afrikaner-kultuur” en teenoor “Afrikaanses taal en Afrikaanses kultuur”?

Terloops, die klein kind is die ontvanklikste om ‘n nuwe taal aan te leer deur VOORTDURENDE blootstelling aan die ander taal. Om ‘n paar sinnetjies teen slakkepas te stotter beteken nie jy kan daardie taal praat nie. Fokus eerder op naasteliefde en geregtigheid.

Beste wense aan agiele ATKV en voorspoed aan die wegbrekers met hul eie nuwe organisasie. Die toekoms sal leer. Die ATKV kan en mag altyd weer van rigting verander. Wie nie waag nie kan nie wen nie.

Piet ·

Verander maar na “Afrika Tale en Kulture Vereniging”. Werf lede hiermee en bied hulle al die voordele waarvoor hulle dan bydra. Bied bestaande lede n terugbetaling of konsessie van soort vir die kaping van dit wat hulle opgebou het tot dusver. Hoeveel van dit wat ons Afrikaners opgebou het word gekaap, misbruik, verniel en verwaarloos. Nou die enigste “tuiste” wat ek gehad het ook gekaap deur…..wie is hierdie le Hanie nou weer? Hoe het sy in hierdie posisie beland? Wie was almal bewus van die voorgenome kaping van wat die Afrikaner vir solank gebou het. Ek wense julle alle voorspoed toe en mag julle geseend wees met die magtige inkomste uit julle ” nuwe lede “

Annatjie Kruger ·

Skielik maak die feit dat ‘n Engelssprekende vriendin na ‘n ATKV funksie uitgenooi is deur twee Engelsprekende persone – die een gebore in Engeland, sin. Ek weet verseker dat een van die paartjie ‘n leiersposisie in die ATKV in haar area is. Dit lyk dan moes vir my asof die ATKV reeds deur anderstaliges oorgeneem is. As La Hanie ook Engelssprekend is, wil dit vir my voorkom as of die Engelssprekendes reeds oorgeneem het.

Voos ·

Waarvoor dan ‘n “ATKV” he as dit oor ander tale ook moet gaan. So gatvol vir al hierdie snert van inklusiwiteit. Diversiteit is niks mee fout nie. Vir wat sal ek nou ‘n ander Afrika taal wil leer? Julle verstaan duidelik nie mooi nie. Mens behoort aan iets omdat jy daarmee kan identifiseer. Nou kom iemand met ‘n nuwe benadering wat die oorspronklike doel en missie nie meer respekteer nie en ruk dit basies onder ons uit. Wel dis verby, miskien tyd om ‘n Afrikaner kultuur vereniging te begin. Ons sal dit maklik suksesvol maak dan kan die ATKV maar ‘n Spur paaitjie stap. Eks klaar….

Gideon ·

Dit is net hartseer dat elke ATKV oord met Afrikaner geld opgerig is. Vat die Afrikanerbydrae weg en die ATKV is niks. Die lede, wat aan die organisasie behoort, is die eienaars van die organisasie. Skop haar en die direksie uit. La Hanie moet inval by die organisasie, nie die organisasie by haar nie. Ek moedig die ATKV lede aan, staan op en maak julle rug styf. Kyk na Spur. Dit kan gedoen word, die direksie en bestuur sal baie vinnig van deuntjie verander as die geldkrane toegedraai word. La Hanie kan aansoek doen by die VN vir ‘n pos.

andrea van vuren ·

De Hanie is dalk ‘n Gupta-agent! Ons taal is gekaap!

Nico ·

Ek het lankal my lidmaatskap opgegee sukkel altyd om plek te kry net om uit te vind dat verlede jaar se bookings is net weer gedoen toe verkoop ek maar my karavaan.Behoort aan n hotelgroep betaal bietjie meer maar kry elke keer plek

Bennie ·

ATKV lede streef ook daarna. Hoekom moet ons die ATKV se beginsels oorboord gooi? Kan ons nie maar die bestuur uitgooi nie? Ons taal is kosbaar ….behandel dit asb so! Andersins totsiens.

humor ·

Indien die direksie enige respek en agting, lojaliteit vir sy betalende lede gehat het sou hulle ook die mening van hul lede in berekening gebring het voor hul met sulke ingrypende veranderinge kom. Ek reken n goeie oplossing is om n kongres saam te roep waarin n wye spektrum van sake bespreek word, en ook opbouende referate rakende die Afrikaner en sy taal gelewer kan word om sodoende hierdie Afrikanerbastion weer op fundamentele beginsels te laat funksioneer. Hier is iemand met n varkenaam wat nie so mooi verstaan nie. In die talestryd gaan dit nie alleen om die Afrikaner se taal nie maar eerder om die Afrikaner self wat op subtiele wyse uit gerangeer moet word. Word hierdie ATKV besluit n werklikheid dan verskaf dit opnuut weer nuwe stukrag aan die Afrikaanse taal – vyande. Die nuus vir u is die ATKV sal hom soos in ander bankrot universiteite in n doodloopstraat bevind.

RB ·

Die idee dat ATKV almal moet betrek is mos net belaglik. Dit gaan oor afrikaner taal en kultuur. Niks anders nie. Tyd dat afrikaner mense dit terugvat. Dit is ons reg. En, dit beteken nie dan ander nie hul eie ding kan doen nie. Maar doen, moet hulle self. Ons moet nou eers ons eie huis weer reg kry. Daar is niks fout daarmee nie. Inteendeel.

Piet Meyer ·

Dink dis maar tyd dat ons ATKV lidmaatskap stop. Ader tale kan mos hul self bevorder. Hoek is dit verkeerd om jou eie taal te wil bevorder en ondersteun. Op universiteit moet my kinders klas mis oor stakings wat gerig is teen Afrikaans. Nou moet ons dit her ook stop om ander tale te bevorder. Absolute snert. Totsiens ATKV. My debietorder is nou nie veel nie maar soek maar daai geldiejies by Zulu, Tswana, Engels of enige ander taal vereniging.

Gert ·

Daar gaan ons taal en sy fondse vir alles behalwe waarvoor dit moet mees ek groet julle atkv vir baie jare het ek julle ondersteun ek groet julle.
Ons as afrikaners moet nou saam staan soos met spur en ons lede gelde stop soos in nou want glo my ons geld gaan net vir die ander tale wees bye bye atkv

Jammer ·

By verkiesings van takbestuurders, sekretaresse,ens gaan dit net oor dit wat als verniet gekry kan word. Die huidige bestaande takbestuurders, sekretaresse,ens,is te bang om iemand anders voor te stel,dan op die ou einde is als maar weer dieselfde persone wat gekies word wat vir jaaaaaaaaaaaaare daar is,en dit net om verniet petrol,vakansie,slaapplek,etes,ens te he. Jammer

Anton van C ·

Ek het ‘n hele brief gereed om hier te plaas maar ek het daar teen besluit en wil eerder aan Mev le Hanie ‘n versoek rig. Doen asb die moeite mevrou le Hanie om al die briewe hierbo te lees en dit ter harte te neem. Jy mis die hoofdoel van die ATKV by myle en julle gaan dit binnekort met heelwat minder geld moet doen.

Elizabeth ·

Ek as Afrikaner is MOEG vir politieke korrektheid. Kyk waar staan ons tradisioneel Afrikaanse universiteite nou met ons toegee aan politieke eise. Hou tog om vredeswil net die politiek uit alle fasette van die samelewing en gun die Afrikaner die BIETJIE wat hy nog oor het. Ek staak onmiddellik alle bydraes (finansieel en ander) aan die ATKV.

humor ·

Die ATKV behoort mos aan die volk, n instansie wat die volk verteenwoordig. Staan nou mooi saam en gee al die vakansieoorde aan solidariteit en Afri Forum sodat hul daarmee kan woeker en ook aan ons taal kan bou.

Gerhard Burger ·

Wat ‘n treurigheid! le Hanie- ‘n Engelsspreker wat nie eens geweet het waarvoor die afkorting ATKV staan nie, is nou aan die hoof van die ATKV. En, baie duidelik in ‘n rigting op pad weg van die ATKV-visie. Eintlik het hierdie rigtingverandering, wat noodwendig tot ‘n karakterverandering van die ATKV sal lei, al ‘n bietjie voor haar tyd begin. Toe Die Burger en RSG – in teenstelling met Rapport, stil was (steeds is) oor die vernietiging van Afrikaans op Stellenbosch ens., het die ATKV ook in afwesigheid geskitter! Maar, of die bestuur van die ATKV intrinsiek die bevoegdheid het om te doen wat hulle besig is om te doen, bly ‘n vraag. Eintlik behoort alle lede, soos wel by sommige kommentare bedoel word, aan te dring op vergaderings met die bestuur en hulle besware bekend te maak en ondersteuning vir die koersverandering – wat op duidelike wyse kamoefleer word, uit te spreek EN hierdie mandaat van die bestuur weg te neem. Dit is gesê “… die ATKV kan nie alles vir almal wees nie.” Die ATKV is vir dit wat in die ATKV verteenwoordig word!

Vicky ·

Sjoe dis n skok. Ons hou elke jaar n ATKV oord vakansie en betaal ons lede geld ter ondersteuing vir my taal.
Dink nie meer vir langer nie.
Dan is dit mos nie meer eg aan Afrikaans nie. Gaan die oorde ook nou hul vakansie programme in 11 tale moet aanbied.
Klink vir my soos n eensydige besluit.
Hoop hulle kry ander lede wat ons sin kan replace.

Fred Daniel ·

Dit is myns insiens verkeerd om ‘n baie senior posisie in enige organisasie of maatskappy te vul met ‘n persoon van buite wat geen kennis van of meegevoel met die organisasie of sy doelwitte het nie. Dit is presies wat met verskeie staatsondernemings gedoen is en kyk wat het daar gebeur? Nuwe bloed is noodsaaklik vir enige organisasie, maar dit moet nie op die hoogste vlak ingevoer word nie. Dan ook, watter meriete het die dame vir die pos? Hoekom word daar niks gesê oor haar beroepslewe nie- is die organisasie dalk in ‘n verleeentheid daaroor?

Charles ·

Ondersteun eerder die FAK en sluit daar aan! http://Www.fak.org.za of ondersteun ander eg Afrikaanse organisasies soos AfriSake, Solidariteit, AfriForum, PretoriaFM, Kraal Uitgewers, MaroelaMedia, Helpende Hand, Studiefonds, Akademia, Sol-Tech ensovoorts! Lees op oor watter organisasie jy wil ondersteun en doen so voort! Regverdigheid en Bilkikheid moet seevier! AFRIKAANS HET N PLEK EN SY PLEK IS HIER!

Frik ·

Moet nie vir Deidre le Hanie blameer nie. Die probleem lê by die ATKV se direksie wat die spoor byster geraak het . Hulle moes iemand aangestel het wat n voorstaander is vir afrikaans en die afrikaanse kultuur en nou stel hulle iemand aan wat glad nie betrokke is nie .Dis hulle wat die vernuwe voorstaan.
Ek daag die Direksie uit om sy lede te nader om te hoor wat hulle wil hê anders gaan julle dieselfde pad loop as Spur.
Van die takke is ook ongelukkig en dis jul plig om die Direksie aan te vat.

J H Klaasen ·

Die motief van die “nuwe ” ATKV is nie om nasie te bou nie ( wat in elke geval polities onmoontlik is ), maar vir sekere persone om hul hande op die GROOT bates van al die oorde te kan le. Oor ‘n paar jaar vorentoe is die naam verander, en is dit ‘n omskep in ‘n finansieele instansie wat niks met die Afrikaner se kultuur te make het nie. Hoekom is die huidige en die vorige persone toegelaat om die ATKV oor te neem ? Omdat daar te min Afrikanerbittereinders oor is wat nog ons trots as Afrikaners en ons wonderlike geskiedenis wil koester ! Net ‘n NOG GROTER KRISIS kan die toekoms verander om weer saam te kan staan. Jan Patat

pietie ·

Hoeveel steun het Le Hanie vir haar idees vanuit die ATKV ledebasis en waar is haar werkgewers? Lyk my dis die ATKV of le Hanie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.