ATKV-jeugberaad

Die ATKV-Jeuginstituut bied drie Jeugberade aan tydens die Junie/Julie vakansie.

Skole word genooi om leerders te identifiseer en as verteenwoordigers van die skool in te skryf.
Die Jeugberaad is vir leerders wat opinievormers is, wat ‘n invloed kan uitoefen en die potensiaal het om ‘n verskil te maak.

Die datums is soos volg:
ATKV-Klein-Kariba (Bela-Bela) 25-28 Junie
ATKV-Buffelspoort (Rustenburg) 2-5 Julie
ATKV-Goudini Spa (Worcester) 9-12 Julie

Die koste beloop R 995.00 per leerder (sluit akkommodasie, etes en aktiwiteite in)
Skole is self verantwoordelik vir reisreëlings.

Die tema vir vanjaar se Jeugberaad is: Die lewe is LEGO®.

Die sluitingsdatum is Vrydag 25 Mei 2012. Vir meer inligting skakel Annemarie Alberts by 011 919 9066 of e-pos [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.