Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met die liefdesverhaaluitgewer Lapa, bied van 14 – 16 September 2017 ’n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan.
Bekende en bekroonde skrywers van romantiese fiksie, verteenwoordigers van Lapa Uitgewers en personeel van die ATKV-Skryfskool tree as gespreksleiers op. Liefdesverhaalsoorte soos die romanse en liefdesroman kom onder die loep.
Hierdie twee-en-’n-halfdag-geleentheid is ’n praktiese slypskool vir enigiemand wat ’n liefdesverhaal wil skryf. Dit word aangebied op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit en die inskrywingsgeld beloop R2 750 per persoon. Dié bedrag dek ook deelverblyf in selfsorgeenhede by die PUK Astro Villa, oggend- en middagpouseverversings en ’n funksie op Vrydagaand, 15 September. ’n Beperkte hoeveelheid verblyfplekke is beskikbaar.
Laai die volledige brosjure met vereistes af.
Kontak Kobie van Aswegen per e-pos by [email protected] of skakel haar by 018 299 1783 vir meer besonderhede.
Die ATKV-Skryfskool bied in 2017 ook ’n kompetisie in die skryf van ’n romanse aan. Die wenner hiervan sal die Lenteskool GRATIS kan bywoon. Vir meer inligting hieroor, tree eweneens in verbinding met Kobie van Aswegen.
Kom leer onder die leiding van mense wat weet!
Sluit aan by die ATKV Skryfskool se Facebook-blad
Is verbaas dat publisiteit aan die aangeleentheid gegee word, as die storm wat tans nog om die atkv woed in aanmerking geneem word.
Die ATKV het hulle van my vervreem. Ek het na baie jare se lidmaatskap besluit om dit te beeindig. Ek betaal elke maand baie belasting wat onder andere gebruik word om verskillende tale en kulture te bevorder. Gewoonlik ten koste van Afrikaans. Daarom het ek besluit dat my belating bydrae meer as genoeg is vir “brue bou”. Indien ek van my besteebare inkomste wil skenk sal ek dit skenk waar dit slegs in belang van Afrikaans sal wees.