ATKV-skryfskool: 19 – 23 Maart 2012

Die jaarlikse Herfsskool vir skrywers word vanjaar weer deur die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit aangebied en bekendes uit die skryfwêreld sal as aanbieders optree.

DATUM:
19 Maart 2012 – 23 Maart 2012
PLEK:
Potchefstroom
KURSUSSE:
Hoe skryf ek ʼn rubriek, prosa, poësie, lirieke?
KOSTE:
R3 000,00 per persoon wat deel (2 Persone per kamer). Verblyf by Die Ranch Jaart, Potchefstroom vir 4 nagte ingesluit.
SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS:
2 Maart 2012
TOELATINGSVEREISTES:
Net jou eie skryfstuk, soos hieronder uiteengesit.

Herfsskoolgangers kan vanjaar dus uit vier afdelings tydens die Herfsskool kies: prosa, poësie, lirieke en rubrieke. Hierdie afdelings loop gelyktydig tydens die Herfsskool, maar die poësie- en liriekskryfbelangstellendes sal sekere sessies saamgegroepeer wees.

Vir vyf dae word daar intensief aan jou eie skryfwerk geskaaf deur skrywers, uitgewers, groepleiers en werkswinkelaanbieders. Aan die einde van die Herfsskool word ʼn bywoning-sertifikaat toegeken.

Die Herfsskool begin op Maandag, 19 Maart 2012 om 09:30 (jy kan reeds van 08:30 af registreer) by die Transnet-lokaal, Frans du Toit-gebou (E9), Noordwes-Universiteit, Potchefstroom. Die Herfsskool sal Vrydag om 12:00 afsluit.

Die vier verskillende afdelings van die Herfsskool word in parallelle sessies aangebied, hoewel die hooflesings van skrywers of uitgewers vir al die kursusgangers gelyktydig aangebied word.

Om tot die Herfsskool toegelaat te word, word daar ʼn skryfstuk gevra wat jy saam met jou inskrywing voor die sluitingsdatum, 2 Maart 2012, moet instuur met ʼn deposito van R500,00 (nie terugbetaalbaar nie). Hierdie skryfstuk van jou word deur die loop van die week in kleingroepverband met jou bespreek.

Die Herfsskool bied jou nie net die geleentheid om met die skryfkuns, skrywers, uitgewers en tydskrif¬mense kennis te maak nie, maar jy ontmoet ook ander mense wat jou intense belangstelling deel en wat met dieselfde skryfprobleme as jy worstel. Dit maak nie saak op watter vlak jou skryfwerk is nie – of jy nog nooit gepubliseer het nie, en of jy alreeds gepubliseer het – die Skryfskool se mense sal jou skryfwerk help slyp.

Die afdelings van die Herfsskool en elkeen se skryfstukke lyk só:

PROSA
Hoe lyk ʼn kortverhaal of ʼn roman? Daar word aandag geskenk aan die uitwerk van die verhaallyn, die skep van karakters en ruimte en die tyd van die storie.

Om vir hierdie afdeling in te skryf, moet jy ʼn kortverhaal, van nie meer as 10 bladsye nie, vooraf instuur.

POëSIE
Waar kry ek ʼn gedig vandaan? Hoe werk metafore, klank, beweging en vorm wanneer ek ʼn gedig skryf? Moet dit rym, en wat is ʼn moderne gedig nou eintlik?

Vir hierdie afdeling moet jy een gedig met jou inskrywing saamstuur.

LIRIEKE
Verskil lirieke van gedigte? Is rym hier deurslaggewend? Wat kom eerste by liedere: die musiek of die lirieke?

Om vir hierdie afdeling in te skryf moet jy die lirieke van een lied saam met jou inskrywingsvorm instuur. Des te beter as jy ook ’n toonsetting daarvan, opgeneem op CD, kan saamstuur!

KURSUS IN RUBRIEKE
ʼn Rubriek is die soort skryfstuk wat in byna elke koerant of tydskrif gebruik word, maar min van ons is regtig opgelei om ʼn rubriek te skryf.

Die hooffokus van die kursus is hoe om ʼn rubriek vir ʼn tydskrif of koerant te skryf wat week na week die leser sal bly interesseer. Daar is baie spesifieke eise wat aan die rubriekskrywer gestel word, want dit is die soort woordkuns wat ook nog binne die beperkinge van lengte, saktye, weeklikse verskyning en die leser as teiken geskryf moet word. Hierdie afdeling van die Herfsskool sal aangebied word in samewerking met ervare rubriekskrywers.

Om tot die kursus toegelaat te word, moet jy ʼn rubriek van 1 000 woorde saam met jou inskrywingsvorm voor die sluitingsdatum instuur.

AKKOMMODASIE
Akkommodasie is beskikbaar in dubbelkamers by Die Ranch Jaart, Potchefstroom.

INSKRYWING
Vul net die inskrywingsvorm in en stuur dit saam met ʼn deposito van R500,00 (nie terugbetaalbaar nie) en jou skryfstuk vir die betrokke afdeling sodat jou inskrywing ons nie later as 2 Maart 2012 bereik nie. Navrae oor die Herfsskool kan by die Skryfskool gedoen word: 018 299 1783.

Ons het al baie mense gehelp om regtig aan die skryf en publiseer te kom, ons kan jou ook help!
Stuur die voltooide inskryfvorm saam met jou getikte skryfstuk (en twaalf afskrifte daarvan) voor 2 Maart 2012 aan:

Die Direkteur
ATKV-Skryfskool
Noordwes-Universiteit
Privaatsak X6001
POTCHEFSTROOM
2520

ANDER KURSUSSE
Die ATKV-Skryfskool bied ook ʼn verskeidenheid ander skryfkursusse aan vir enigiemand wat wil skryf of hul kreatiewe skryfwerk wil verbeter.

19 Maart – 23 Maart Herfsskool vir skrywers, Potchefstroom
4 Augustus Gemeentebladkursus, Potchefstroom
30 Augustus – 1 September Lenteskool, Potchefstroom
Julie Kanselierskursus vir jong skrywers, Upington

NAVRAE
Tel: 018 299 1783
Faks: 018 299 1784
[email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.