ATKV-Skryfskool en Lapa se Lenteskool-novellekompetisie

Liefde bloei nie net in die lente nie – maar lente is ’n puik seisoen dit te vier! Die ATKV-Skryfskool en Lapa Uitgewers wil liefdesverhaalskeppers die geleentheid bied om hulle slag hiermee te wys.

Jy kan nou inskryf vir die ATKV-Skryfskool en Lapa se Lenteskool-novellekompetisie.

Sluitingsdatum vir ontvangs van kompetisie-inskrywings: 30 Julie 2018.
Die wenner sal op 20 Augustus 2018 bekend gemaak word.

Die wenner sal die Lenteskool van die ATKV-Skryfskool, wat van 6-8 September 2018 aan die NWU se Potchefstroomkampus plaasvind, gratis kan bywoon. Daarbenewens staan die weninskrywing ’n kans om gepubliseer te word by Lapa onder die RomanzaLiefde-vaandel.

Wat moet jy doen om in te skryf?
Skryf ’n 15 000-woord-liefdesnovelle.
Stuur dit elektronies na [email protected] met die duidelike opskrif: Liefdesverhaal vir die Lenteskool-Kompetisie!

Vir inligting oor die reëls van die kompetisie en die belangrikste vereistes vir romantiese fiksie, rig per e-pos navrae aan Kobie van Aswegen ([email protected]) of skakel haar by 018 299 1783.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.