ATKV-Skryfskool: Verfyn jou talent vir romantiese fiksie

skryf

Foto: Pixabay

Glo jy vas jy het ʼn slag met die skryf van romantiese fiksie? Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met Lapa-Uitgewers, bied van 8 tot 10 September ʼn slypskool in die skryf van dié genre aan.

Verskeie sprekers, onder wie bekende en bekroonde skrywers van romantiese fiksie, gaan as gasprekers optree saam met ’n verteenwoordiger van Lapa-uitgewers en personeel van die ATKV-Skryfskool.

Kobie van Aswegen van die Noordwes-Universiteit sê dié geleentheid is ’n praktiese slypskool vir enigiemand wat ’n liefdesverhaal wil skryf.

Dit word aangebied op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit en inskrywingsgeld is R2 750 per persoon. Dié bedrag dek ook deelverblyf in selfsorgeenhede by die PUK Astro Villa, middagetes, oggend- en middagpouseverversings en ’n geselligheid op Vrydag 9 September.

Verblyf is beperk. Om jou plek te verseker, skakel Kobie van Aswegen by 018 299 1783 of stuur ʼn e-pos na [email protected] vir meer besonderhede.

Die ATKV-Skryfskool bied vanjaar ook ’n kompetisie aan wat die wenner ʼn gratis kaartjie tot die Lenteskool bied.

Indien jy vir die prys in aanmerking wil kom, moet jy verklaar dat jy nog nie voorheen ’n romanse gepubliseer het nie; en ’n eerste hoofstuk (sowat 5 000 woorde) van jou romanse met jou inskrywingsvorm stuur na [email protected], voor of op Maandag 1 Augustus 2016.

Besoek ook die ATKV-Skryfskool se Facebook blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

johann brits ·

Kan nie onthou hoeveel ek gebaat het by my eerste bywoning van ‘n skryfskool sowat 20 jaar gelede nie,maar daar het ek prof. Flip Strydom ontmoet en vir 20 jaar was hy ‘n goeie vriend-goeie plek om mense te ontmoet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.