ATKV-slypskool vir dramaturge

'n Foto van die verhoogstuk "Little Women" deur die Mississippi College-dramadepartement

‘n Foto van die verhoogstuk “Little Women” deur die Mississippi College-dramadepartement

Nuwe, jong en opkomende dramaturge kan van 13 tot 15 Maart ʼn slypskool van die ATKV bywoon. Die slypskool word by die Shumba Valley Lodge naby Lanseria-lughawe aangebied.

Vir drie dae lank sal daar aan dramatekste geskryf en geskaaf word. Onderwerpe sluit tema, verhaallyn, karakterisering en toneelmatigheid in. Kursusgangers sal tydens praktiese werksessies nuwe tekste skep. Die koste beloop R950 per persoon, wat die kursusmateriaal, middagetes en ligte verversings insluit.

Die kursusleier is dr. Pierre-André Viviers (beste nuutgeskrewe Tienertoneelteks 2012). Johann Smith (beste nuutgeskrewe Tienertoneelteks 2008 en 2011, draaiboekskrywer vir 7de Laan) en Tina Kruger (mede-skrywer van die rolprent Leading Lady en die jeugdrama Sterlopers, skrywer van tonele soos Slotte en Grendels, NX Brieweboks en Kaaskenades, asook kindertelevisieprogramme Lappies, Jakkals Jol en Thabang Thabong) sal saam met hom as fasiliteerders optree. Schalk Schoombie (Anglogold Ashanti Aardklop Smeltkroesprys in 2012 vir die beste nuwe dramateks, naaswenner van die Tienertoneelteksprys in 2013, draaiboekskrywer vir Binnelanders), Prof. Marie-Heleen Coetzee (hoof van die Dramadepartement van die Universiteit van Pretoria) en Christo Compion (draaiboekskrywer vir Egoli, Plek van Goud en Villa Rosa, asook die rolprente, Egoli, Afrikaners is plesierig en Susanna van Biljon) is die gassprekers wat lesings sal aanbied.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 14 Februarie 2014. ’n Deposito van R500 is betaalbaar wanneer kursusgangers inskryf.

Registreer so gou as moontlik, aangesien slegs 30 kursusgangers toegelaat word.

Skakel Lizané Basson by 011 919 9078 of stuur ‘n e-pos na [email protected] vir meer inligting en om jou plek te bespreek.

Kom skep ’n nuwe teks met behulp kundige leiding en praktiese wenke!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.