Boek: Hoekom Afrikaans?

Untitled-1Danie Langner en Chrisna Nel

Hoekom ’n boektitel met ’n vraagteken? Omdat Afrikaans in die woorde van NP van Wyk Louw “tussen die engtes” beland het.

NP van Wyk Louw gebruik hierdie frase in sy reeks opstelle: Kultuur en krisis. Daarin beskryf hy dat volke, kultuurgemeenskappe en ook taalgemeenskappe op verskeie maniere in ’n krisis beland waarin hul voortbestaan op die spel kom. Ondanks die besluit van die onderhandelaars in 1993 om 11 tale landswyd as amptelike tale te erken en aanvanklike gerusstellings deur die ANC oor die plek van Afrikaans, het Afrikaans onder toenemende druk gekom.

As een van Suid-Afrika se 11 amptelike tale, het die regering die grondwetlike plig om toe te sien dat Afrikaans beskerm word en landsburgers in die taal van hul keuse bedien word. Die ANC wou egter slegs een amptelike taal gehad het, naamlik Engels. Afrikaans is doelbewus op baie lewensterreine uitgeskuif soos in die staatsdiens, die regstelsel en selfs in ’n toenemende mate op universiteitsvlak. Die realiteit is dat verengelsing van die samelewing so vinnig toeneem dat mens somtyds saam met Antjie Krog wil snak na “Asem … Aasem … AAASEM in Afrikaans”.

Tog het die Afrikaanse prentjie nie net ’n donker toekoms nie. In die boek skryf verskeie kundiges hoekom Afrikaans steeds die taal van hul hart is. Top sakeleiers, onderwysleiers, gemeenskapsleiers, professore, joernaliste, skrywers, sangers, jongmense en akteurs verduidelik waarom daar volgens hul mening steeds ’n helder toekoms vir Afrikaans is. Afrikaans is nie vir hulle ’n taal teen Engels of enige ander taal nie, maar ’n taal vir nuwe moontlikhede en hoëfunksieprestasies.

Uitgewer: FAK
Prys: R150-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Vir meer inligting:
Hannie Boshoff
Kommunikasiebestuurder: FAK
Tel: (012) 301 1777
E-pos: [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bosvark ·

Ons bly al 16jaar in Amerieka, my oudste dogter is 25 en swanger met haar tweede. Die eeste dogtertjie is nou 1jaar 6maande en word Afrikaans grootgemaak met Ameriekaanse gebore pa wat ook Afrikaans kan praat. Ons jongste is 10 en volledig Afrikaans ons is trots op ons taal en sal nooit engels met ons kinders praat nie. Dit is in ons bloed en dit sal altyd so wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.