’n Brei-avontuur met Suid-Afrikaanse wol

Deur Dana Biddle

Kreatiewe en unieke breipatrone vir oud en jonk om die Winter te trotseer. Die moderne aanslag en interessante inligting oor breidraadvervaardigers maak ’n Brei-avontuur ’n móét vir enige brei-entoesias. Die boek sluit onder andere in:

  • 22 Suid-Afrikaanse breidraadvervaardigers en hulle stories
  • Volledige lys van al hulle kontakbesonderhede asook breidraadhandelaars
  • Instruksies oor hoe om jou eie skeppings te ontwerp
  • Vrye-hand breiwerk en versiering, brei-appliek, sirkel-, buisvormige asook modulêre breiwerk
  • Meer as 40 patrone vir mans, vroue, kinders, babas en die huis
  • Volledige instruksies en grafieke
  • Grootte-en omskakelingstabelle

Oor die outeur

Dana Biddle is ’n vrou van vele talente – ’n vrou, ’n ma, ’n veselkunstenaar en konsulterende redakteur van Textiles vir Stitches magazine. Sy het haar eie studio in Heidelberg in Gauteng, en word somtyds deur mense, dinge in die natuur en deur die materiale waarmee sy werk, geïnspireer. As lid van Fibreworks, het sy al regoor die wêreld van haar kunswerke uitgestal en sy geniet dit om werkswinkels aan te bied.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R175,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.