Victor S. Sierpina
Vyf behandelingsmetodes vir algemene kwale
1000 Kure is ’n waardevolle geïntegreerde mediese gids wat vyf maniere bied om algemene kwale te behandel: konvensionele medisyne, tradisioneel Chinees, naturopatie, homeopatie en kruiegenesing.
Die boek bevat onder andere:
- Meer as 200 kwale volgens kenmerke gegroepeer, byvoorbeeld toestande wat die vel en hare affekteer of die spysverteringstelsel affekteer.
- Bondige omskrywing van algemene diagnose.
- Duidelike uiteensetting van die algemeenste simptome en die doel van die behandeling.
- Middels, behandeling en raad om die toestand aan te spreek, onder elke behandelingsmetode.
- Die gids sluit af met ’n woordelys, nuttige webadresse en ’n omvattende bladwyser.
Die afdelings is ingedeel volgens:
- Vel en hare
- Oë en mond
- Oor, neus en keel
- Spysverteringstelsel en urienweg
- Respiratoriesestelsel en sirkulasie
- Pyne en kwale
- Persoonlike kwale
- Verstand en gemoed
- Noodhulp.
Oor die outeur
Victor S. Sierpina, MD, ABFP, ABHM, is ’n Nell Nicholson-gesinsprofessor in Integrale Medisyne, professor in Gesinsmedisyne en hoofnavorser van CAM-Opvoedkunde en Gees-Liggaam Projekte aan die Universiteit van Texas se Mediese Fakulteit in Galveston, Texas. Sy opleiding- en mediese praktyk sluit allopatiese, holistiese, alternatiewe en aanvullende benaderings tot welsyn en gesondheidsorg in.
Dr. Sierpina het onlangs ’n vyfjaar-borgskap van 1,5 miljoen dollar van National Institutes of Health in die VSA ontvang vir die ontwikkeling van ’n bewysgedrewe medieseskool-kurrikulum in alternatiewe behandelingsmetodes/terapie. Sy vorige publikasies sluit in, Integrative Health Care: Complementary and Alternative Therapies for the Whole Person.
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R330*
* Prys onderhewig aan verandering