1000 Kure vir meer as 200 kwale

Victor S. Sierpina

Vyf behandelingsmetodes vir algemene kwale

1000 Kure is ’n waardevolle geïntegreerde mediese gids wat vyf maniere bied om algemene kwale te behandel: konvensionele medisyne, tradisioneel Chinees, naturopatie, homeopatie en kruiegenesing.

Die boek bevat onder andere:

  • Meer as 200 kwale volgens kenmerke gegroepeer, byvoorbeeld toestande wat die vel en hare affekteer of die spysverteringstelsel affekteer.
  • Bondige omskrywing van algemene diagnose.
  • Duidelike uiteensetting van die algemeenste simptome en die doel van die behandeling.
  • Middels, behandeling en raad om die toestand aan te spreek, onder elke behandelingsmetode.
  • Die gids sluit af met ’n woordelys, nuttige webadresse en ’n omvattende bladwyser.

Die afdelings is ingedeel volgens:

  • Vel en hare
  • Oë en mond
  • Oor, neus en keel
  • Spysverteringstelsel en urienweg
  • Respiratoriesestelsel en sirkulasie
  • Pyne en kwale
  • Persoonlike kwale
  • Verstand en gemoed
  • Noodhulp.

Oor die outeur
Victor S. Sierpina, MD, ABFP, ABHM, is ’n Nell Nicholson-gesinsprofessor in Integrale Medisyne, professor in Gesinsmedisyne en hoofnavorser van CAM-Opvoedkunde en Gees-Liggaam Projekte aan die Universiteit van Texas se Mediese Fakulteit in Galveston, Texas. Sy opleiding- en mediese praktyk sluit allopatiese, holistiese, alternatiewe en aanvullende benaderings tot welsyn en gesondheidsorg in.

Dr. Sierpina het onlangs ’n vyfjaar-borgskap van 1,5 miljoen dollar van National Institutes of Health in die VSA ontvang vir die ontwikkeling van ’n bewysgedrewe medieseskool-kurrikulum in alternatiewe behandelingsmetodes/terapie. Sy vorige publikasies sluit in, Integrative Health Care: Complementary and Alternative Therapies for the Whole Person.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R330*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.