101 Dae van lof

Untitled picturedeur Johan Smith

Daar is min boeke in die Bybel so aangrypend soos die Psalms. Die hele gesin kan nou saam op ʼn wonderlike reis van 101 dae deur die Psalms vertrek met Johan Smith se drie dagboeke oor hierdie wonderlike Bybelboek. Johan het 101 dae van lof spesiaal vir die volwasse mark geskryf terwyl 101 dagstukke vir tieners spesifiek op tieners gemik is. Johan se vrou, Helena, het saam met hom gewerk om 101 dagstukke vir laerskolers te skryf vir jonger mense. Hierdie reeks dagboeke bestaan uit ʼn skrifgedeelte uit Die Boodskap, ʼn oordenking, inspirerende aanhaling en ʼn gebed vir elke dag. ʼn Wye verskeidenheid temas lei ons in ons daaglikse wandel: Kies jou vriende reg, lof aan God, God is altyd daar om jou te help, hoop, vergifnis, dankbaarheid, vind jou vreugde in God en tel jou woorde. Aan die einde van elke boek is daar ook plek vir die leser om sy of haar eie lofpsalm te skryf. Die hele gesin sal hierdie sal hierdie dagboeke geniet en kan saamgesels oor die temas.

Oor die outeurs:
Johan Smith is al meer as 20 jaar betrokke by jeugbediening. Hy is tans hoof van die jeugbediening by die Moreleta-gemeente in Pretoria. Johan het al verskeie boeke die lig laat sien. Sy vrou Helena, is ʼn laerskoolonderwyser en het vir vier jaar voltyds vir die VCSC gewerk in laerskoolbediening. Johan en Helena is albei opgeleide kinderevangeliste en het al ʼn paar boeke saam geskryf. Hulle het drie kinders: Louise, Dirk en Marli.

Uitgewer:Christelike uitgewermaatskappy
Prys: R99-95*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.