150 jaar van Suid-Afrikaanse rugby

Wim van der Berg

Selfs in stil tye loop rugbykoors hoog in Suid-Afrika. Met die Rugby-wêreldbeker wat in September begin sal geesdrif ongetwyfeld nuwe hoogtes bereik. Wim van der Berg se volledig-geïllustreerde geskiedenis van rugby in Suid-Afrika volg die spoor van die sport reg deur sy glorieryke verlede tot vandag. Dit begin waar die eerste rugbybal gegooi is en gaan voort met die verhaal tot met die Springbokke se fantastiese oorwinning toe hulle die eerste – en weer ’n tweede keer – die rugby-wêreldbeker wen.

Die skrywer kyk ook na die rol van skole- en universiteits-rugby in die ontwikkeling van talent, asook die donker dae toe Suid-Afrikaanse sportspanne nie toegelaat is om oorsee deel te neem nie. Hy bring die verhaal reg tot in die hede, met die mees onlangse ontwikkelinge wat in diepte bekyk word. Die boek vier die vreugde en die trane van 150 jaar se rugby aan die suidpunt van Afrika.

Oor die outeur
Wim van der Berg is ’n bekende rugbyskrywer met verskeie gewilde rugbyboeke op sy kerfstok. Nie net het hy self rugby gespeel tot hy 57 jaar oud was nie, maar hy dien ook op verskeie rugbyliggame. Hy is ’n afrigter van sewes-rugbyspanne en is die redakteur van Blou, die amptelike tydskrif van die Blou Bulle. Sy ander publikasies sluit in Blue Bulls: 70 Years of Glory, A Lion’s Tale, en Great Moments in Currie Cup History.

Uitgewer: Tafelberg & Bookstorm
Prys: R299,99*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.