Boeke: 50 Blaaskansblokraaie 1 en 2

50-blaaskansblokraaie-1_voorblad.jpgVoorste blokraaiverskaffers verskaf ure se woordgenot

LAPA uitgewers span saam met drie van Suid-Afrika se bekendste blokraaiverskaffers om in een maand 100 blokraaie bekend te stel teen ongeveer R1,00 per A4-blokraai.

Dugeot, Penpret en Xword verskaf al vir jare woordpret aan populêre gesinstydskrifte soos Taalgenoot, rooi rose en Vrouekeur. Nou bundel LAPA hulle nuwe werk saam om taalliefhebbers te vermaak, want elkeen van die verskaffers het ’n unieke stempel en só verseker die uitgewers dat woordvrate bladsy vir bladsy uitgedaag word. Elke bundel bestaan uit 50 woordraaisels wat taalliefhebbers sal uitdaag, laat kopkrap en hulle tone sal laat krul van lekkerkry.

Die eerste twee bundels is pas bekendgestel. Nommers 3, 4 en 5 van 50 Blaaskansblokraaie word beplan vir Junie, September en Desember 2015.

Die blokraaie word verskaf in ’n maklik-hanteerbare A4-formaat, gekrambind met ’n sagtebandomslag om vashou, skryf en uitvee te vergemaklik. Teen R49.95 per kopie is die boeke met hulle 50 blokraaie ook uiters bekostigbaar.

50-blaaskansblokraaie-2_voorblad.jpgDie oplossings word agter in die boek gepubliseer.

50 Blaaskansblokraaie bied aan woordraaiselliefhebbers die geleentheid om hulle skoene uit te skop, ’n koppie koffie te maak, ’n potlood op te tel en hulle gunstelingtydverdryf te beoefen.

In vandag se gejaagde samelewing is ’n blaaskans ’n noodsaaklikheid wat baie vir die produktiwiteit en die gesondheid beteken.

Uitgewer: LAPA Uitgewers
Prys: R49.99* elk
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.