20 dinge waarmee seuns struggle / 20 dinge wat my seun moet onthou

Johan Smith

Mans maak so moeilik hulle harte vir mekaar oop. En dit des te meer wanneer die onderwerp nie altyd lekker is nie, of ʼn mens ongemaklik kan maak. Weens sy betrokkenheid by die jeug weet Johan Smith wat die dinge is waarmee jongmense stoei, en as pa weet hy hoe moeilik dit is om jou hart oop te maak teenoor jou kinders en die wysheid te deel wat jy op die harde manier moes leer – sónder om te preek.

Met 20 dinge waarmee seuns struggle / 20 dinge wat my seun moet onthou gee Johan pa’s en seuns dus die beste van twee wêrelde: ʼn 2-in-1-boekie met 20 briewe vanuit seuns se perspektief oor die dinge waaroor hulle dink, maar ongemaklik voel om oor te praat, en 20 briewe vanuit ʼn pa se perspektief oor dinge wat hy graag met sy seun wil deel. Onderwerpe sluit in seks, Christenskap, vroue, vriendskap … eintlik enigiets wat swaar op ʼn man se hart lê.

Oor die outeur
Johan Smith bedien ’n wye spektrum mense, wat insluit jeug, ouers, mans en vroue. Hy is ’n skrywer van jeugboeke asook boeke vir die gesin. Hy is op ’n weeklikse basis betrokke by die bediening van vroue in Pretoria en tree ook as spreker op tydens jeugweke, jeugsaamtrekke, ouerskapseminare en Daniël-mannekonferensies landswyd. Hy is getroud met Helena en hulle het drie kinders, Louise, Dirkie en Marli.

Uitgewer: CUM
Prys: R89,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.