200 Beskuit en Biscotti-resepte

200_beskuit_en_biscotti_reseptedeur Nettie Cilliers

Hierdie unieke kookboek met ongeveer 200 resepte vir beskuit en biscotti sal by menigte Suid- Afrikaners aanklank vind. Elkeen het sy of haar gunstelingresep en dit wissel van soorte wat met suurdeeg tot soorte wat met bruismeel en bakpoeier gemaak word. Karringmelkbeskuit is een van die bekendste variasies van tradisionele beskuitresepte, en gesondheids- en volkoringbeskuit is vandag ook algemeen aangesien dit in talle huishoudings die plek van ontbyt ingeneem het.
Benewens die resepte, word algemene wenke ten opsigte van beskuitbak, soorte suurdeeg en stappe in die maak van beskuit ongesluit. Resepte word ingedeel in die volgende afdelings:

Boerbeskuit
Mosbolletjies
Anysbeskuit
Soetbeskuit
Basiese karringmelkbeskuit
Beskuit met growwe meel en semels
Beskuit met volkoring-ontbytvlokkies
Beskuit met ander ontbytgrane
Resepte vir persone met voedselintoleransie
Beskuit in die mikrogolfoond
Biscotti

Oor die outeur:
Nettie Cilliers is woonagtig in die Douglas-distrik, waar sy haar passie vir lekker kos uitleef. Sy bied gereelde kookdemonstrasies aan waar sy interessante, maar smaaklike disse voorsit. Hierdie is haar derde publikasie, Kleinkoekies, blikke vol! (2003) en Ek sou kon doen met ʼn pampoen (2011) is beide deur LAPA uitgegee.

Uitgewer: LAPA uitgewers
Prys: R200-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.