Solly Ozrovech
Die 21ste eeu is ’n opwindende era van vinnige ontwikkelinge. Tog is daar mense wat altyd terughunker na die verlede, na die “goeie ou dae”. In hierdie dagboek wys Solly Ozrovech vir lesers dat daar baie positiewe en goeie dinge uit die verlede aan ons gegee is, maar dat ons nie daar moet vassteek nie. Ons moet elke dag gryp as ’n genadegawe uit God se hand, en toekomsgerig leef.
In ’n Seisoen van hoop fokus Solly Ozrovech in 366 dae op die elkedagse struikelblokke op ons paaie, maar
ook die dieper waardes van die lewe. Waarheen is jy op pad? Ken jy jouself? Hierdie dagboek in Solly se kenmerkende styl sal vir gelowiges ’n padkaart wees waarvolgens hulle hul lewe kan rig. Die onbekende paaie wat vir jou voorlê, kan dalk vreesaanjaend lyk, maar met God aan jou sy kan jy elke dag aangryp en waarlik lééf.
Oor die outeur:
Solly Ozrovech was vir meer as 40 jaar predikant in die Kaapprovinsie, waarna hy hom voltyds begin toespits het op die skryf van Christelike boeke. Uit sy pen het reeds meer as 230 boeke verskyn, elkeen ’n trefferboek in eie reg.
Uitgewer: CUM
Prys: R119-95*
* Prys onderhewig aan verandering