50 Beste gebak uit Vrouekeur

Marlo Carstens

Vrouekeur se resepte was van die begin van die tydskrif se bestaan in 1999 ’n treffer en is vandag nog net so gewild en in aanvraag as toe. Na die wegholsukses van Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 1, en Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 2 volg ’n samestelling van heerlike gebakresepte. Die versameling is uit die immergewilde rubriek, Gebak van die Week, saamgestel.

Die sukses van Vrouekeur se resepte lê in die eenvoud daarvan. Al die bestanddele is reeds in die spens, en al die resepte is vinnig en maklik om ook vir die kok gesellige kuiertyd met geliefdes en vriende te verseker.

Tot op hede is daar reeds meer as 85,000 eenhede saam, van Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 1 en Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 2, verkoop.

Oor die outeur:
Marlo Carstens, Vrouekeur se kosredakteur, is ma van twee woelige seuns en verstaan die eise van vrou-en mawees. Juis dáárom inspireer haar resepte enige vrou – selfs die wat sku is vir kosmaak.

Uitgewer: Lapa
Prys: R135-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

retha rossouw ·

Goeie naand,

Ek is opsoek na die eerste uirgawe van vroekeur vinnig en maklik.

Kan iemand dalk vir my se waar ek ‘n kopie kan bekom.?

Vriendelike groete
Retha Rossouw.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.