75 Blou Bul Legendes

Wim van der Berg

‘n Rugbylegende is volksbesit; iemand wat ver buite die grense van provinsialisme aanvaar en bewonder word. Noord-Transvaal en die Blou Bulle het van die wêreld se grootste rugbylegendes opgelewer. Mens kan dadelik dink aan Frik du Preez, bekend vir die legendariese wedstryd waar hy sommer “gedrop, geplace en gescore” het. Herinneringe aan Naas Botha se taktiese skoppe, waar hy selfs kan spog met ‘n doelskop van die kantlyn af in ‘n amperse orkaan en stortreën. Joost van der Westhuizen met sy giftige breekslae van vaste fasette af en ook losskrums en losgemale sal menige rugby-ondersteuners bybly. En Victor Matfield wat wêreldrugby se lynstane oorheers het is maar enkeles wat in die merkwaardige boek voorkom.

Hierdie boek bespreek die loopbane en prestasies van 75 van die legendariese spelers wat die afgelope 75 jaar vir Noord-Transvaal, die Blou Bulle en Bulls gespeel het.

Oor die skrywer:
Wim van der Berg is die uitvoerende redakteur van Blou, amptelike tydskrif van die Bulls en Blou Bulle. Hy is ‘n gesoute sportskrywer en outeur en het oor die afgelope 40 jaar bydraes vir verskeie koerante en tydskrifte gelewer. Hy het tot ouderdom 57 rugby gespeel; was ‘n senior klubskeidsregter; het op eersteliga-vlak afgerig; op komitees van verskeie klubs gedien; en was bestuurder en afrigter van provinsiale sewesspanne.

Hy het verskeie boeke gepubliseer: 150 jaar van Rugby in Suid-Afrika en Die Uitsonderlike Boek van Suid-Afrikaanse Rugby (albei ook in Engels); asook Great Moments in Currie Cup History. Hy was ook medeskrywer met Gerhard Burger van Blou Bulle: 70 Gloriejare (ook in Engels) en A Lion’s Tale.

Uitgewer: Lapa
Prys: R200-00*
*Prys onderhewig aan verandering

75 Blou Bul Legendes is by toonaangewende handelaars asook direk by Lapa Uitgewers beskikbaar. Kontak Lapa by 012 401 0700 of besoek hul webblad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.