Aantrekkingskrag – ‘n drama vir die verhoog

deur Deon Opperman

Aantrekkingskrag is ’n kosmiese wet wat sowel vir hemelligame as vir mense geld. Deon Opperman buit hierdie volgehoue metafoor op ’n verbluffende wyse uit in ’n meesleurende drama oor die liefde. Vyf mense word een laatnag, ná ’n opvoering van Hamlet, gekonfronteer met hulle bestaan en verraad teenoor mekaar. Die wêrelde van die wetenskap en die kuns word aanvanklik met mekaar gekontrasteer, maar ten slotte versoen in die volgende insig: “Religie is so onwetenskaplik, maar elke religie op aarde het tot die besef gekom: God is liefde. Liefde – alomteenwoordig soos die aantrekkingskrag tussen alles in die heelal, so onkenbaar soos ’n atoom, en so seker soos die spoed van lig.”

Oor die Outeur:
Deon Opperman (1962) se professionele loopbaan het in 1984 begin. Sedertdien was hy skrywer, regisseur en vervaardiger van verskeie produksies vir televisie, asook meer as 60 teaterproduksies in Afrikaans en Engels wat in al die vernaamste teaters en die grootste kunstefeeste in Suid-Afrika opgevoer is. Sy werk is met verskeie toekennings bekroon, onder meer twee keer met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Hertzogprys, asook die Eugène Maraisprys. Hy ontvang ook die FAK Prestigeprys vir 2009.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R140-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.