Porsies: 8 – 10
Voorbereidingstyd: 15 minute
Verkoelingstyd: 1 uur
Bestanddele:
250 g aarbeie, gewas
1 x 397g-blik kondensmelk
80 ml suurlemoensap
1 x 250 g-houer roomkaas
5 ml vanieljegeursel
250 ml room, styfgeklits
Metode:
1. Halfveer 3 aarbeie en hou eenkant vir garnering
2. Plaas die res van die bestanddele, behalwe die room, in die bak van ‘n voedselverwerker en verwerk tot glad.
3. Vou die room by die aarbeimengsel in.
4. Skep die aarbeimengsel in nageregglasies en garneer met die halwe aarbeie.
5. Verkoel die nagereg ongeveer 1 uur voor opdiening.
Resep oorspronklik gepubliseer in Smul sonder sukkel
Prys: R73.21 (e-boek)*
* Prys onderhewig aan verandering