Abel se lot

Chris Karsten

Die tweede boek in die Abel-trilogie: Ella Neser is op verpligte siekverlof na haar noue ontkoming aan Abel Lotz se skalpel. Tussen beradingsessies en harplesse, peins sy oor die foto’s van Abel se vier slagoffers, vasberade om hom te vang voor hy weer moor. Wanneer ’n inbraak uitloop op ’n sterfgeval, keer Ella terug om die skuldiges aan die pen te laat ry. Sy is egter nie die enigste een op hulle spoor nie. Is Abel Lotz terug, of is daar ’n nuwe moordenaar in Doradopark?

Oor die outeur
Chris Karsten het die ATKV-Prosaprys vir sy debuutroman, Frats, gewen in 2008 en die ATKV-prys vir Spanningslektuur vir Seisoen van sonde in 2010. Seisoen van sonde was ook op die kortlys vir die M-Net Filmtoekenning. Hy is ervare koerantman (Beeld, Volksblad en Rapport) en skrywer van twee kinderboeke (Floris sapiens en Die jokkie wat met perde kon praat), sowel as Human & Rousseau se Ware misdaad-reeks. Abel se lot is die opvolg van Abel se ontwaking, wat in 2010 verskyn het.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R190,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.