Adriana Faling lees voor uit ‘Die Seders van Libanon’

Adriana Faling

In Sirië vrees Ilizabith elke dag vir haar lewe, die man wat haar sy vrou gemaak het, is boos. In Libanon probeer Pascale haar roeping uitleef, maar sal haar ouers dit insien? Hoewel hulle in dieselfde skool in Pretoria is, verskil Talitha en Yasmine se wêrelde hemelsbreed. Talitha probeer vreesloos veg vir wat reg is en Yasmine probeer oorleef. Deur ‘n Goddelike saamloop kruis Ilizabith, Pascale, Talitha en Yasmine se paaie, en elkeen moet besluit of hulle gehoorsaam sal wees aan God.

Oor die skrywer

Adriana Faling is ’n gewilde aktrise wat al in vele sepies te siene was, onder meer Egoli (Tessa), Onder draai die duiwel rond (Dot), Song vir Katryn (Ans), 7de Laan (Yvette), Hart van Staal (Claudette), Binnelanders (Nanette) en Geraamtes in die kas (Zelda).

Faling het van 2000 tot 2008 by Radio Kansel as film- en vermaakresensent gewerk. In 2002 het sy die eerste en derde plek in NALN se nasionale kortverhaal- skryfkompetisie gewen. Sy en haar man is sedert 1998 betrokke by die ondersteuning van sendelinge in groot dele van die wêreld asook die vervolgde kerk. Hulle is betrokke by die mobilisering van die kerk in Suid-Afrika deur instansies soos InContext-bedieninge. Haar debuutroman by Lux Verbi, Rewolusie van die hart in 2014 het 3 900 kopieë verkoop. Faling, haar man en vier kinders bly in Pretoria.

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing uit Die Seders van Libanondeur Adriana Faling. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R240,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.