Afrikaanse boeke te kus en keur

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Die Afrikaanse boekemark se fiksie-, niefiksie- en kinderboeke bied ʼn groot verskeidenheid leesstof aan boekwurms. Voeg hierby tientalle resensies, lesersindrukke en skrywersonderhoude wat in die media verskyn, en dit is te verstane dat lesers soms kopkrap oor hul leeslyste en boekaankope.

Graffiti Boeke het pas ʼn topverkoperlys vir Oktober bekendgemaak. As jy dus nog wonder wat om nou te lees, behoort dié lys jou te help. Maak ook seker dat jy nie onder aan hierdie berig die voorskou misloop van Graffiti se Aanlynkuiers wat in November aangebied word nie.

Fiksie

  1. Minder as niks deur Irma Venter (NB-Uitgewers)
  2. Gerugte van ʼn ontvoering deur Chris Karsten (NB-Uitgewers)
  3. Hans bars die bioborrel deur Rudie van Rensburg (NB-Uitgewers)
  4. 107 kaalkoppe deur Nataniël (NB-Uitgewers
  5. Op ʼn mooi dag deur Irna van Zyl (Penguin Random House)
  6. Een vir een deur Peet Venter (Lapa Uitgewers)
  7. Marilyn deur Chanette Paul (Lapa Uitgewers)
  8. Die ompad terug deur Helena Hugo (NB-Uitgewers)
  9. Sneeu in die Karoo deur Jeanne Goosen (Hemel & See Boeke)
  10. Moord op Lake Panic deur Leon van Nierop (Penguin Random House)

Niefiksie

  1. Antoinette sê deur Antoinette Pienaar (Naledi Uitgewers)
  2. Ina, ʼn verhaal van genade en genesing deur Ina Bonnette (Penguin Random House)
  3. Kom ons loop weg deur Erika Murray-Theron (Protea Boekhuis)
  4. Herontdek jou selfvertroue deur Rolene Strauss (NB-Uitgewers)
  5. Ware spookverhale van Suid-Afrika deur Daniel Lotter (Protea Boekhuis)
  6. ʼn Sonneblom vir elke dag deur Susan Coetzer (NB-Uitgewers)
  7. Afrikaner sondebok? deur Albert Blake (Jonathan Ball Uitgewers)
  8. Vleis deur Annelien Pienaar (NB-Uitgewers)
  9. ʼn Palet vol vreugde deur Aletté-Johanni Winckler (NB-Uitgewers)
  10. Marinda se koskas deur Marinda Engelbrecht (NB-Uitgewers)

Kinderboeke

  1. Op die plaas-emosiereeks: Tjoppie se hart is seer deur Theresa van Baalen (Lapa Uitgewers)
  2. Op die plaas emosiereeks: Smiley verloor sy glimlag deur Theresa van Baalen (Lapa Uitgewers)
  3. Op die plaas emosiereeks: Flori tel tot tien deur Theresa van Baalen (Lapa Uitgewers)
  4. Op die plaas emosiereeks: Karamel se bene bewe deur Theresa van Baalen (Lapa Uitgewers)
  5. Avonture op die plaas 4: Boel en Dolla deur Fantasi (Fantasi Boeke/Books)
  6. Die mooiste sprokies van Grimm deur Marita van der Vyver
  7. Saadjie en Spikkel deur Alex Latimer (NB-Uitgewers)
  8. Suidoosterdraak deur Dianne Hofmeyr (Lapa Uitgewers)
  9. Magriet die stadshoender deur Melanie Tait (Lapa Uitgewers)
  10. Die waarheid oor visvingers deur Sarina Dönges

Romanza (Lapa Uitgewers

  1. Vergeet van reëls deur Dina Botha
  2. Oorbegin deur Marilé Cloete
  3. As jy my wil hê deur Annarie Linde
  4. Liefde vir ʼn feniks deur Ciske Olivier
  5. Omdat alles sin maak deur Elsa Winckler
  6. Om te vlieg deur Jeanette Stals
  7. Uiteindelik verlief deur Dina Botha
  8. Hart van kant deur Didi Potgieter
  9. Soeter as fudge deur Lizelle von Wielligh
  10. Een dag op ʼn slag deur Nerine le Roux

Kyk ook uit vir Graffiti Boeke se Aanlynkuiers wat weekliks op Facebook aangebied word. Die jongste boeke word bekend gestel tydens ʼn aanlyn gesprek met skrywers. Lesers kan uitsien na die volgende boekgesprekke wat in November aangebied word:

4 November: Juanli Theron, Lente Swift en Suzanne Smith gesels met Zetske van Pletzen (gespreksleier) oor Meer as net ʼn ma (NB-Uitgewers)
9 November: Johannes Hamman gesels met Paul Kruger en Karin Brynard (gespreksleiers) oor Ysterklou Beperk (Wenakker Boeke)
10 November: Hannes Barnard gesels met Gielie Hofmann (gespreksleier) oor Roet (Lapa Uitgewers)
16 November: Wilna Adriaanse gesels met Phyllis Green (gespreksleier) oor Vlug (NB-Uitgewers)
18 November: Jaco Wolmarans gesels oor Ivoor, gespreksleier sal nog aangekondig word (NB-Uitgewers)
23 November: Jan van Tonder gesels oor Grootgeluk, gespreksleier sal nog aangekondig word (NB-Uitgewers)
25 November: Dana Snyman gesels oor In die tyd van die gif, gespreksleier sal nog aangekondig word (NB-Uitgewers)
30 November: Riekert Botha gesels met Milanie Vosloo (gespreksleier) oor Wees oor niks besorg nie (CUM-Uitgewers)

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is om nuwe inligting by te werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.