Theresa Papenfus en Hans du Plessis bespreek vandag Raka van NP van Wyk-Louw. Theresa wou by Hans weet waarom party mense nie kans sien om dié boek te lees nie en sy vra dan sommer ook ʼn paar wenke vir hoe ʼn leser die roman kan aanpak, want dit is immers een van die grootste werke in Afrikaans.
Wat n gawe geselsie oor Raka! Dankie hiervoor, ek is skaam om te se ek het dit nog nooit gelees nie. Net n vraag…wat bepaal of n stuk goeie letterkunde is of nie?
Die “Dept. van Onderwys se taal afdeling”
Ons boek van NP van Wyk Louw; Raka het uit ons huis verdwyn. Enige idee waar ons weer vir ons die boek kan aanskaf?
Erna, hopelik verwyder Maroela nie my kommentaar omdat ek ‘n webwerf gee nie, maar gaan na http://www.loot.co.za en kyk onder “Books”, klik op Afrikaans en tik bo regs op soek-hofie “Raka” en dan kom daar twee publikasies wat jy kan koop. Ek vind hul pryse en dies baie goed. Dalk nou met kerstyd bietjie stadiger maar ja, jy kan kies as jy betaal of jy die stadige aflewer-manier wil hê al dan nie. Hoop dit help en hoop Maoela laat my kommnetaar bly.
Oeps Erna, eintlik is daar net EEN- die ander is ‘n Koos Kombuis storie en hul moet die regte een vir jou betsel, maar ja, as jy graag wil hê sal hul dit sekerlik kan doen. Het so vinnig gegoogle en nie behoorlik gekyk nie.
Raka is nie n boek of roman nie maar n epiese gedig.