Agent Alex – Uitgesorteer!

Justin Richards

Spioenkop Akademie is ’n eksklusiewe skool vir seuns en meisies van ouderdomme 8 tot 18. Al die leerders in hierdie skool se ouers of voogde is op ’n manier betrokke by die Geheime Diens. Spioene en geheime agente stuur graag hul kinders na Spioenkop Akademie, want hulle weet die kinders is hier veilig teen enige bedreiging. As die Geheime Diens hulp nodig het van die jongelinge vir een van hul geheime sendings of as een van die skorriemorries van daardie verfoeilike organisasie, die Pioniers van Onderduimsheid en Vernietiging (POEV), probeer om die skool oor te neem of een van die onderwysers ontvoer, sal die leerders gereed wees.

Alex en sy vriende is hard aan die leer vir hulle SAK-eksamen – want om die Spesiale Agente-Kursus te slaag is nie speletjies nie!

Maar wanneer die vraestelle uitgedeel word, is daar duidelik ’n skroef los: Elke leerling kry ’n kompetisie-inskrywing waarmee ’n pragtige stel potte en panne gewen kan word! Is dit regtig net ’n poskantoor-glips … of is dit POEV (die Pioniers van Onderduimsheid en Vernietiging) se werk?

Kan Alex en sy vriende die geheim agter die poskantoor-petalje oplos?

Boek 2 in die vermaaklike Agent Alex-reeks

Oor die outeur:
Justin Richards is ’n gevestigde Britse skrywer van romans, draaiboeke en kinderboeke. Hy woon saam met sy vrou en twee seuns in Warwick, Engeland.

Oor die vertaler:
Amelia de Vaal het Europese Tale en Joernalistiek studeer en is sedert 2007 by Protea Boekhuis werksaam as redakteur en vertaler van Engelse, Duitse en Nederlandse tekste. Die Afrikaanse vertalings van die klassieke Die lewe en werke van kabouters en Die oproep van die kabouters wat in 2010 verskyn het, tel onder haar gunstelingprojekte. Sy woon tans in Portland, Oregon in die VSA.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R100-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.