Agter die doellyn

Samestelling

Rugby in Suid-Afrika is méér as net ’n spel. Dit is ’n weerspieëling van die wese en hartklop van die mense van hierdie land. Dit is sinoniem met sonskyn, biltong en braaivleis.

Sedert rugby die eerste keer in 1861 op Suid-Afrikaanse bodem gespeel is, het die land en rugby ’n wedersydse invloed op mekaar se ryk erfenis gehad. Agter die doellyn vier die vreugde en gevoel van eenheid en trots wat onder mense van hierdie land ontstaan het ná die Wêreldbeker-oorwinning in 1995. Agter die doellyn …

  • bied ’n oorsig oor die hoogtepunte in die Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis
  • bring hulde aan die pioniers van rugby
  • bied getuienisse en lewensverhale van spelers soos Victor Matfield, Pierre Spies, Beast Mta¬warira, Jannie en Bismarck du Plessis, Juan Smith en ander prominente spelers asook afrigters soos Peter de Villiers, Frans Ludeke en Pieter Rossouw.

Agter die doellyn is ’n kosbare versamelaars¬item vir enige rugby¬liefhebber.

Uitgewer: CUM
Prys: R139,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.