Al die meisies hou van Divan Louw

Tania Brink

Om Divan Louw aantreklik te noem, is soos om te sê Mount Everest is hoog of Antarktika is koud – dis waar, maar dit vertel nie naastenby die hele storie nie.

Dit sê byvoorbeeld niks van sy vierkantige ken wat hom soos ‘n model in ‘n parfuumadvertensie laat lyk nie. Dit sê ook niks oor die kleur van sy oë nie – geheimgroen, seepsteengroen, stoutgroen. En dit sê geheel en al niks van sy blonde hare wat parmantig orent staan en sy bruingebrande maagspiere nie …

Ek ken sy tipe: Sulke ouens dink gewoonlik hulle is die beste ding sedert die iPhone uitgevind is – en meeste van die tyd het hulle die IK en persoonlikheid van ‘n brood.

Beslis nie my koppie rooibos nie. Maar dalk kan ek hom gebruik om ‘n paar probleme op te los …

Oor die outeur:
Vorige boeke uit Tania se pen sluit in die topverkoper Liefde laat jou Rice Krispies anders proe (ATKV Kinderboektoekenning 2002), Ouens is nie pizzas nie (ATKV Kinderboektoekenning 2007) en My hart is vol graffiti. Ouens is nie pizzas nie is in 2008 as verhoogstuk by verskeie kunstefeeste opgevoer.

Uitgewer: Lapa
Prys: R90-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.