Anderkant die scrap

Dana Snyman

Agt en veertig uitgesoekte Dana-stories. Vir lesers wat wou weet wie daardie mense op die omslag van Dana se blitsverkoper Uit die binneland was, lê hy nou familie uit in die storie “Familiefoto”. Maar eintlik is al die mense in sy stories familie met dieselfde kwaal: Almal mik vir daardie ontwykende droom, wat nooit verbleik nie, anderkant die scrap.

Om stories oor helde te skryf is moeilik. Om die weggesteekte mense onvergeetlik te maak is moeiliker, daarom is Dana se stories so onvergeetlik. Daaroor, en omdat die mense in sy stories van ver af kom. Hulle ry Valiants en weet nog van Uncle Charlie’s, padkafees, Geloftefees, Springbokradio en Kommuniste. Die mans dra nog pakke en die vroue hoede; tant Pop en oom Jorrie en so aan. Maar hy skryf ook oor vandag se mense. Party emigreer. Ander bly, hulle kyk sport en reis en kom mense teë. Elke nou en dan sien mens ’n reënboog. “Ek is eintlik ’n baie gewone ou. Rustig. Daar is nie probleme nie. Op die toneel.”

Nota: Dana het onlangs vir hom ’n 1973-Valiant aangeskaf. So ’n bruine.

Oor die outeur
Dana Snyman is op 4 Oktober 1962 op Stellenbosch gebore. Hy matrikuleer in 1980 aan die Hoërskool Nylstroom. Ná skool werk Dana as veiligheidswag in Pretoria, gaan weermag toe, werk in ’n boekwinkel, verkoop fliekkaartjies by Sterland-bioskoop (in Pretoria) en werk as skakelbordoperateur. Daarna gaan studeer hy joernalistiek aan Pretoria Technikon. Hy begin as misdaadverslaggewer by Beeld en later werk hy as artikelskrywer by Huisgenoot. In 2004 sluit hy hom aan by die buitelewe-tydskrif Wegbreek (later Weg) as reis- en rubriekskrywer, en later is hy ook die reisredakteur by Weg. Deesdae skryf hy voltyds onder meer vryskut-artikels en -rubrieke.

In 2005 verskyn sy eerste boek Uit die binneland, en dit is opgevolg met Anderkant die scrap (2006) en Op die agterpaaie (2008).

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R190,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.