Anderkant die spieël

47724385_0_Img2deur Melissa Scharneck

Anderkant die spieël is ʼn storie vir elke vrou wat al gewonder het hoekom sy nou eintlik haar tee swart en bitter drink as soet en melkerig soveel lekkerder is. Vir elke vrou wat al gewens het sy kon die uitgevrete rotte in haar kombuis – en huwelik – met ʼn .22 wegblaas, en wat vroualleen ʼn swartwoudkoek kan baasraak. En vir elke vrou wat al op ʼn dag besef het sy weet nie meer hoe om by die huis te kom, of waar “huis” nou eintlik is nie.

Anderkant die spieël is die storie van Maggie, wat ons in Talia vat grond ontmoet het. Sy val deur die hasegat op nog ʼn nuwe dorp waar gewapende, aweregse buurvroue verkykers het, en haar o-so-gawe man nooit meer huis toe kom nie.
ʼn Vars, eerlike, vreeslose stem oor vrouwees en vriendskappe, met ʼn tong stewig in die kies.

Oor die outeur:
Melissa Scharneck, skrywer van Talia vat grond en Alles wat blink, is ʼn onderwyseres op Queenstown. Sy geniet dit om in haar vrye tyd te skryf en in haar tuin te werk, terwyl sy selde skottelgoed of wasgoed was. Benewens skryf en tuinwerk hou sy haarself graag om die stoof en TV doenig. Sy woon saam met haar seun en haar kat en is agterdogtig oor prinse en wit perde.

Uitgewer: Queillerie
Prys: R180-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.