Anna Atoom en die Digitale Draak

Elizabeth Wasserman

In dié derde en laaste boek in die reeks is daar twee identiese drake, gemaak uit die nuwe element Drakium. Die twee drake is kwantum verstrik en sal ongekende onstabiliteit veroorsaak indien hulle min of meer gelyktydig in die magna van die aarde (die vloeibare lawalaag van die aardkors) beland. Maar wie sit hieragter? Niemand anders as Uranus Draak nie!

Hierdie reeks is ‘n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, wetenskap, natuurlewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en ‘n sterk “groen” boodskap.

Anna Atoom se ouers is wêreldberoemde wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wêreld van ondergang te red. Die skrywer hanteer al hierdie uiteenlopende storiedrade moeiteloos en met ‘n heerlike sin vir humor.

Feite oor wetenskap, tegnologie, biologie, word soomloos in die storie geïntegreer – dus is die verhaal leersaam sowel as heerlik om te lees.

Oor die Outeur: 
Elizabeth Wasserman is professor en hoof van die afdeling Geneeskundige Mikrobiologie van die Universiteit van Stellenbosch se Tygerberg-kampus. Sy is die skrywer van Meerkatrestaurant (wat by Lapa verskyn het), was ‘n bydraer tot Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg), en is die skrywer van die gewilde Speurhond Willem-reeks (ook Tafelberg). Elizabeth woon saam met haar man en 15-jarige dogter in Welgedacht, naby Kaapstad.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R110-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.