Anna atoom en die seerower se dolk

Elizabeth Wasserman

Hierdie verhaal is ’n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, die ou gunstelingtema van seerowers, wetenskap, die uitgestorwe dodo, die seelewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en les bes ’n baie sterk “groen” boodskap.

Anna Atoom se ouers is wêrelkdberoemde wetenskaplikes, wat gereeld ingeroep word om die wêreld van ondergang red. Die twaalfjarige Anna ontdek tydens haar middagswem ’n seerowerswaard en is vasberade om die gesonke seerowerskip die Chivonne, met al haar skatte, op te spoor.

Die skrywer hanteer al hierdie uiteenlopende storiedrade moeiteloos en met ’n heerlike sin vir humor. Hierdie is die eerste in ‘n reeks van drie boeke. Die volgende 2 titels word vir die eerste helfte van 2012 beplan.

Oor die outeur
Elizabeth Wasserman is professor en hoof van die afdeling Geneeskundige Mikrobiologie van die Universiteit van Stellenbosch se Tygerberg-kampus. Sy is die skrywer van Meerkatrestaurant (wat by Lapa verskyn het), was ‘n bydraer tot Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg), en is die skrywer van die gewilde Speurhond Willem-reeks (ook Tafelberg). Elizabeth woon saam met haar man en 15-jarige dogter in Welgedacht, naby Kaapstad.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R110,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.