Annelize Morgan Omnibus 2

Annelize Morgan

Pad na die skavot is ’n spanningsvolle Kaapse verhaal. Vir Celèste du Toit is Armand de Bordeaux meer as ’n werkgewer – hy is haar droomheld. Sy weet egter dat haar drome oor hom drome sal bly, want hy is ’n graaf, ’n skatryk edelman, en sy ’n gewone bediende. Maar dan bevind sy haar in ’n avontuur wat haar hele lewe omverwerp. In Erfenis van liefde is Camille Rambart ’n pragtige negentienjarige meisie wat in ’n krot grootword nadat goewerneur Willem Adriaan van der Stel haar pa sy inkomste uit ruilhandel ontneem het. Op ’n dag daag ’n aantreklike, ryk jong man op met ’n aanbod wat Camille voor ’n pynlike keuse stel: As sy dit aanvaar, is daar uitkoms vir haar familie, maar dit sal ’n opoffering verg wat haar lewe kan verwoes. Die vergete era van die gouddelwers – ’n goue era vol verdriet en ekstase – word in Goud in die skemer weer lewendig gemaak. Mitzi Brandt is ’n tenger meisie, maar taai – haar toekoms moet gebou word op ’n kis goud wat sy met haar eie hande help delf het. Dié goud raak die spil waarom al haar geliefdes se lewens draai.

Oor die outeur
Annelize Morgan is ’n ou hand wat liefdesverhale betref. Sy het meer as 40 titels agter haar naam en is bekend vir haar verhale vol spanning en intrige, asook verhale wat in die woestyn afspeel. Sy en haar man woon op Ladismith en is voltyds betrokke by ’n privaat uitgewery.

Uitgewer: Jasmyn
Prys: R195,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.