Arnoster en die prokureurtjie

Afgetrede regter Kees van Dijkhorst (links) tydens die onlangse bekendstelling van sy jongste boek, 'Arnoster en die Prokureurtjie – en ander vertellings'. Regs is oud-prof. Marinus Wiechers, gewese staats- en administratiefregkenner en voorheen ook Rektor van Unisa wat die illustrasies behartig het.

Afgetrede regter Kees van Dijkhorst (links) tydens die onlangse bekendstelling van sy jongste boek, ‘Arnoster en die Prokureurtjie – en ander vertellings’. Regs is oud-prof. Marinus Wiechers, gewese staats- en administratiefregkenner en voorheen ook Rektor van Unisa wat die illustrasies behartig het.

Arnoster en die Prokureurtjie is ‘n opvolgboek van regter Van Dijkhorst se suksesvolle Die Hof Verdaag. Dié bundel is steeds in aanvraag.

Regter van Dijkhorst was kortstondig prokureur, 20 jaar lank advokaat en voorsitter van die Balieraad in Pretoria voordat hy 21 jaar lank op die regbank gedien het.

Hy het in 2000 afgetree en boer tans tussen Ermelo en Piet Retief met bome en Drakensbergers. Hy is steeds aktief as skrywer, waarnemende regter en arbiter. Hierbenewens is hy ‘n bergklimmer van formaat wat van die wêreld se magtigste pieke bestyg het.

Die Hof Verdaag is soos ‘n warrelwind wat ‘n kostelike vrag anekdotes van hofsake en hofverrigtinge, lagwekkende grepies uit die verlede en opgetekende onmoontlike uitsprake vir die leser bring.

Ondanks die klaarblyklike ligsinnigheid van Arnoster en die Prokureurtjie se titel, bevat hierdie opvolgwerk ‘n diepsinnige blik op die tragiek van twee oorloë, droewe ekspedisies na Ruwenzori en Everest, en anekdotes waar die reg en die lewe onverwagte kinkels en draaie loop.

Arnoster en die Prokureurtjie sowel as Die Hof Verdaag is beskikbaar by RosslynPers, tel.: 082 347 4658.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.