As die stroom jou vat

Jeanne Els

“Dit is kritiek belangrik om nóú reeds, wanneer ’n mens normaal redeneer, met jou familie en vriende ooreen te kom: Help hou my geharnas teen die afgrond. Hou my dop. Wanneer ek weer in ’n depressie verval help maak seker dat ek betyds professionele hulp kry en daarmee volhou…” Ná haar pa se selfmoord beloof Jeanne Els haarself dat sy nóóit so iets sal doen nie. Jare later word sy self deur die stroom meegesleur. Sy sluk ’n oordosis voorgeskrewe pille terwyl die res van haar gesin elders in die huis televisie kyk. In As die stroom jou vat beskryf Jeanne hoe sy, danksy genade, volgehoue terapie en medikasie, haar lewe kon hervat. Sy ondersoek die raaisel van selfmoord en gesels openhartig met ander bekendes wat probeer selfmoord pleeg het en met gesinslede en vriende wat die selfmoord van ’n geliefde beleef het. Een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde psigiaters deel sy kundigheid en daar is uittreksels uit selfmoordbriewe.

Oor die outeur
Jeanne Els se eerste boek, Ligdans, was ’n topverkoper en het haar landswyd gevestig as motiveringspreker. Sy is ’n bekende joernalis wat jare lank vir Die Burger en Sarie geskryf het. Jeanne is in die Paarl is gebore en het aan die Universiteit van Stellenbosch joernalistiek studeer en ook daar klasgegee. Sy en haar man Dolf, ook bekend in joernalistieke kringe, het twee seuns. Hulle woon in Kaapstad. Sy lewer tans voltyds motiveringspraatjies en skryf oor selfhelp en persoonlike ontwikkeling.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R165,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.