Boek: As jy ‘n ster sien verskiet

Maya Fowler

As jy 'n ster sien verskietRiekie Taylor is tydelik uit die skool geskors nadat sy haar hare swart gekleur het en boonop gevang is dagga rook. Maar dis nie al moeilikheid wat sy het nie: na haar broer se dood drink haar ma weer te veel, en is haar pa se enigste bydrae die maandelikse onderhoudstjek wat hy van iewers in Kaapstad aan Riekie-hulle op Graaff-Reinet pos. Riekie besluit om haar pa in die Kaap te gaan soek– en beland onverwags in’n ander klein dorpie waar sy by ’n vulstasie-restaurant werk kry. Dis eers toe sy hoor dat haar broer se meisie ’n baba by haar ma op Graaff-Reinet kom los het dat sy besluit om terug te gaan, om die lewe wat sy agtergelaat het in die oë te kyk, probleme en al.

Oor die outeur

Maya Fowler is in Kaapstad gebore en het haar skoolloopbaan op Stellenbosch begin. Meeste van haar kinderjare het sy egter op Graaff-Reinet deurgebring.  Nadat sy ’n BA en MA graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het, was sy onder meer assistent redakteur van Edgars Klub-tydskrif, voordat sy as vryskuttaalpraktisyn begin werk het. Haar eerste roman, The Elephant in the Room, het in 2009 by Kwela verskyn.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R120,00*

*Prys onderworpe aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.