Asterix by die Pikte

asterix by die pikteAsterix en Obelix ontdek een bitter koue oggend ’n blok ys op die strand … met ’n bevrore Pikt binne-in. Kasterolix se doepa ruk hom weer reg en die twee vriende vergesel die Pikt, MacLawaai, terug Pikteland toe om hom met sy clan en sy verloofde te verenig. Maar in Pikteland is alles nie pluis nie. Die bose MacAber hou homself baas. Hy het ’n ooreenkoms gesluit met die Romeine, en doen alles in sy mag om as nuwe koning verkies te word. Maar ons vriende sal wel ’n stokkie (of ’n paal?) voor sy planne steek.

Asterix by die Pikte is die 35ste boek in die gewilde Asterix-reeks. Hierdie boek verskyn vir die eerste keer van die begin af ook in Afrikaans. Die wêreldwye bekendstelling vind op 24 Oktober 2013 plaas. Hierdie publikasie sal by alle vooraanstaande boekwinkels beskikbaar wees.

Outeur: Jean-Yves Ferri
Illustreerder: Didier Conrad
Vertaler: Sonya van Schalkwyk-Barrois
Uitgewer: Protea
Prys: R100.00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.