Oeps, dit het weer gebeur: Kasterolix is ontvoer. Hierdie keer deur ’n wilde bende Gote. Asterix en Obelix moet inderhaas die grens na Germanië oorsteek om hul geliefde druïde te bevry. Maar in die proses om Kasterolix te red, veroorsaak Asterix en Obelix ’n hele reeks bende-oorloë onder die Gote …
Asterix en die Gote is die derde boek in die gewilde Asterix-reeks.
Oor die vertaler:
Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R100-00*
*prys onderhewig aan verandering