Baarde, briewe en barmhartigheid

Baarde briewe en barmhartigheid voorbladDoc Immelman

In hierdie versameling vermaaklike rubrieke skryf Doc Immelman op sy prettige dog insiggewende manier oor alledaagse dinge – van baarde, briewe en barmhartigheid tot kinders, kos en klawerjas. Sy persoonlike geskiedenis en herinneringe vloei kleurryk deur sy byna tasbare vertellinge heen. Hy verklaar waarom kameelry geen grap is nie, wonder waarom sommiges ryk is of oud word, waarom mans en vroue verskil, terwyl sy histeriese blik op fotoverhale, handleidings en tikfoute die leser sal laat skater.

Romans soos Die bul van Kashimbo, Die Buffeljagter, Die leeu van Okarusewa en Vyf waens na San Pedro wat onlangs weer herdruk is, het Immelman opnuut aan ’n wye leserspubliek bekendgestel. Natuurliefhebbers en buitelewe-entoesiaste sal hierdie samestelling van stories geniet.

Die boek bevat kort rubrieke wat in intervalle gelees kan word.

Volwassenes met ’n voorliefde vir humor en die natuur sal baie genot uit dié boek put.

Oor die outeur:
Doc Immelman is ’n meesterstorieverteller, uit wie se pen reeds meer as 40 boeke verskyn het. Sy liefde vir Namibië (waar hy steeds woon) asook sy kennis van en liefde vir jag vind in byna al sy verhale neerslag – en sorg vir ’n tydlose soort ontspanningsliteratuur wat by ou aanhangers sowel as nuwe lesers sal aanklank vind.

Uitgewer: Protea
Prys: R130-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.