Nuwe boek: Baasspeurder Blomkvist Hier

Astrid Lindgren

As daar iets eienaardigs gebeur, moet jy weet Kalle Blomkvist en sy maats gaan binnekort weer die ongelooflikste avonture beleef. Jy sal nou wel dink dat dit nie so eienaardig is as vreemde mense die somerhuis van die Eklunds huur nie, maar moet nie so seker wees nie. In hierdie derde boek in die reeks bewys Kalle Blomkvist weer eens hy is die naam baasspeurder ten volle werd. ‘n Woeste stryd om middernag in die ou murasie tussen die ridders van die Wit en Rooi Rose het ‘n ernstige nadraai toe die wit Rose op pad terug huis toe sien hoe professor Rasmusson en sy seuntjie Rasmus ontvoer word. Sonder om ‘n oomblik te huiwer werp hulle hul in die stryd om die boosdoeners aan die pen te laat ry. Maar as hulle geweet het hoe gevaarlik dit sou wees, sou hulle waarskynlik twee keer gedink het.

Nommer 3 in Blomkvist-trilogie: Ander titels is: Baasspeurder Blomkvist/ Baasspeurder Blomkvist in die knyp/ Baasspeurder Blomkvist hier.

Oor die outeur:
Astrid Anna Emilia Lindgren, gebore Ericsson (14 November 1907 – 28 Januarie 2002), was ‘n sweedse kinderboekskrywer wie se tientalle werk na 85 tale vertaal en in meer as 10 lande gepubliseer is. Sy het wêreldwyd miljoene kopieë verkoop. Sy het ook die bekende boeke van Pippie Langkous geskryf. (Pippie Langkous/ Pippie Langkous gaan aan boord/ Pippie Langkous in die Suidsee), Astrid Lindgren se boeke geniet nie net wêreldbekendheid nie, maar haar karakters wat sy geskep het is ook geliefde en bekende TV-persoonlikhede. Sy is ‘n skrywer wat kinders en jongmense verstaan en hulle taal praat. Daar is ook verskeie kinderboekpryse aan haar naam gekoppel.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R120-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.