Bambi en die boef

Anita du Preez

Bambi le Roux kan kies en keur onder die manne. Maar sy moes nooit saam met daardie vent afgeneem geword het by die Met nie – nou loop allerlei stories oor haar by die werk en haar boyfriend, Bertus, is ontstoke….dit kry sy nou van haar vriendin ’n guns probeer doen!

Maar sjoe, die Met-man is eenvoudig onweer-staanbaar. Bambi weet nie mooi watter kant toe nie: dié gladde Louis, oor wie ’n mens gedurig onsmaaklike dinge in die pers lees, of die betroubare, blonde, saaierige ortodontis Bertus – ander meisies sou hul skoene agterna gooi vir dié welvarende man! En wat nou eintlik daarvan as sy uitvind hy’t twee paspoorte en versteekte foto’s van haar saam met Louis? Dis mos sý saak.

Wanneer dinge saam met Bertus lelik skeefloop, is Louis die enigste persoon wat kan help. Maar kan Bambi só ’n gladde karakter enigsins vertrou?

Oor die outeur
Anita is gebore in Port Elizabeth. Sy het in die visuele kunste studeer en aan UNISA haar BA-Honneurs- en Magistergrade verwerf, albei cum laude. Sy is ’n ma van drie, woon in Kaapstad en is ’n beeldhouer en lektrise in die visuele kunste (CTI, Durbanville- en Claremont-kampusse).

Uitgewer: Tafelberg, Satyn
Prys: R89,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.